Die groep in ’n neutedop

James McVey (kitaar-speler, 23) het Bradley Simpson (hoofsanger, 22) op YouTube ontdek. Tristan Evans (dromspeler, 23) het James en Bradley op Facebook ontmoet en Connor Ball (basspeler, 21) het later by hulle aangesluit.

Thank you all for being there in 2017! Happy New Year ????

A post shared by The Vamps (@thevamps) on

Treffer ná treffer

Die groep het in 2014 ’n Nickelodeon Kids’ Choice-prys vir deurbraak van die jaar gewen. Hul grootste droom verlede jaar was om ’n no. 1-treffer uit te reik en hulle het dit met hul album Night & Day reggekry.

Nothing to see here...

A post shared by The Vamps (@thevamps) on

Beroemde pelle

Kan jy glo Taylor Swift het al vir die ouens gekook? Hulle het glo heerlik aan Tay Tay se tuisgemaakte Thaise kerrie-en-rys gesmul. Ons is groen van jaloesie.

#5YearsOfTheVamps

A post shared by The Vamps (@thevamps) on

Op ons bodem

Aanhangers sal hopelik vanjaar dié groep in aksie sien. The Vamps sou in Maart in die Kirstenbosch- Botaniese Tuin in Kaapstad en daarna in die Ticketpro Dome in Johannesburg opgetree het, maar die vertonings is vir eers uitgestel, sê Big Concerts.

Is it time yet..

A post shared by The Vamps (@thevamps) on

BRONNE: PLANETRADIO.CO.UK, THEFACTSITE.COM, JUSTJAREDJR.COM, VOGUE.CO.UK, CLEVVER.COM, OFFICIALCHARTS.COM, PEOPLESCHOICE.COM