SANGDROME

Haar pa, Michael, vervaardig musiek en haar ma, Shontell, is ’n liedjieskrywer. G’n wonder China het al op drie verklaar sy wil ’n sangeres word nie! Sy is een van die dae in die DC-superheldreeks Black Lightning te sien as ’n superheld se dogter.

DISNEY-BESTIES

China Anne, bekend vir haar rol as Chyna Parks in Disney se trefferreeks A.N.T. Farm, is beste pelle met Zendaya. Sy het verlede jaar saam met haar gesig gewys in dié Disney-liefling (21) se sitkom, K.C. Undercover.

#setlife #BlackLightning

A post shared by China (@chinamcclain) on

DIE INSPIRASIE AGTER HAAR NAAM

Haar ma was ietwat teleurgesteld toe sy uitvind China Anne, haar derde kind, is nie ’n seun nie, vertel sy. "Toe sy by die huis kom en die televisie aanskakel, was ’n spesiale program op oor Chinese babas en hoe jy in China net een kind mag hê en dat seuns die gunstelinge is." Toe noem sy haar China.

’N BOOSWIG WIL SY WEES

China Anne (19) was verlede jaar bedrywig en het ons laat regop sit met haar rol as Uma in die Disney-TV-fliek Descendants 2. “Dis cool om ’n booswig te speel,” sê sy. Haar liedjie What’s My Name, wat sy in die fliek sing, het op die Billboard Hot 100-trefferlys geboer, en die video het meer as 112 miljoen trefslae op YouTube.

Uma's fan art is highkey lit????

A post shared by China (@chinamcclain) on

TALENTVOLLE SIBBES

China Anne se susters, Sierra (23) en Lauryn (21), en broer, Gabriel (16), is ook akteurs. Sierra speel Nessa in die trefferreeks Empire. Die susters was saam te sien in die fliek Daddy’s Little Girls (2007) en was vroeër in die sanggroep 3mcclaingirls

ask me or any one of my sisters... Gabe has always been everybody's favorite????

A post shared by China (@chinamcclain) on

mood.

A post shared by China (@chinamcclain) on

Bronne: J-14.com, justjaredjr.com, ontheblacklist.net, rollingout.com