SY INSPIRASIE: ’n MUIS

Die Kanadese platejoggie deadmau5 het dié treffermaker se voorkoms en musiekstyl geïnspireer. deadmau5 dra ’n muisvalhelm tydens vertonings om sy identiteit te beskerm.

No problem

A post shared by deadmau5 (@deadmau5) on

GEMASKERDE MUSIKANT

Al ooit gewonder watter gesig wegkruip agter daardie valhelm wat nes ’n malvalekker lyk? Dis eintlik die Amerikaanse EDM-meester Chris Comstock.

Chris (26) het roem verwerf nadat hy in 2015 sy liedjie WaVeZ op die stroomdiens SoundCloud gedeel het.

Deesdae kan bekende stemme soos dié van Selena Gomez en Anne-Marie in sy treffers gehoor word. Hy’t onlangs sy tweede album, Joytime II, uitgereik, en het ’n splinternuwe enkelsnit, Happier, saam met Bastille.

Sicko mode ??

A post shared by marshmello (@marshmellomusic) on

IDENTITEITSKRISIS

Die eerste twee jaar dat hy begin naam maak het, het aanhangers omtrent kopgekrap oor wie agter die valhelm skuil.

Daar is aanvanklik vermoed dis die Amerikaanse EDM-platejoggie Skrillex omdat hul liedjies eenders klink. Marshmello se identiteit is eindelik einde verlede jaar deur die tydskrif Forbes bekendgemaak.

3:59pm today my son was born, everyone say hello to keke

A post shared by marshmello (@marshmellomusic) on

MILJOENÊRSTATUS

Hy laat die geld met sy musiek inrol. Teen Junie verlede jaar was hy al sowat R275 miljoen sterk – en dit vir 12 maande se werk as DJ by meer as 170 vertonings.

Hy is toe deur die tydskrif Forbes as een van die hoogs betaalde platejoggies ter wêreld aangewys.

Thank You Japan!

A post shared by marshmello (@marshmellomusic) on

EK’S NET MARSHMELLO

Nadat ’n joernalis hom gevra het of hy ooit die masker sal afhaal, het hy driftig twee duime na onder gewys.

‘Ek haal nie my valhelm af nie, want ek het nie roem nodig nie. Ek probeer regtig om iets positiefs te skep sodat mense daarby aanklank kan vind,’ het hy later getwiet.

I love japan so much!

A post shared by marshmello (@marshmellomusic) on

YOUTUBE- SENSASIE

Marshmello, wat in Philadelphia, Amerika, gebore is, se musiekvideo’s kry miljoene trefslae op YouTube.

Sy treffer Friends, saam met Anne-Marie, is al meer as 300 miljoen keer gekyk.

Bronne: Forbes.com, Marshmellomusic.com, YouTube, Billboard.com