Gewild
Fritz Klaaste het amper vier jaar gelede die musiekprogram Sondagmiddag op RSG begin aanbied. En nou is die CD getiteld Sondagmiddag op RSG met Fritz Klaaste uitgereik met treffers wat oor drie dekades strek.
Dit was onmiddellik gewild en het van November op trefferlyste geboer. “Goeie musiek is in die 1960’s tot ’80’s gemaak; daarom is die album so gewild,” sê Fritz.
“Dit neem die luisteraar terug op ’n nostalgiese reis na die verre verlede.”
So is dit
Fritz het eers ’n lys van ongeveer 70 moontlike liedjies aan David Gresham Records voorgelê, waarna die platemaatskappy die kopiereghouers van die musiek probeer opspoor het.
“Omdat die musiek so oud is, het die proses maande geduur,” sê Fritz. “Vanuit die lys waarvoor kopiereg verkry is, is 21 liedjies vir die album gekies.”
Om die liedjies vir ’n album soos dié te kies, moes hy as samesteller na die balans kyk, sê Fritz.
“Dit moet uit verskillende genres bestaan en uit verskillende tydvlakke kom. So neem jy die luisteraar op ’n musikale rit.”
Sy gunsteling
“Dis alles tydlose musiek, maar as ek een liedjie moet uitsonder, sal dit San Bernardino van Christie (1970) wees,” sê hy.
Een van die oudste snitte op die album is The Tremeloes se Silence Is Golden (1964), en van die “nuwer” snitte sluit in Goombay Dance Band se 1980-treffer Eldorado, en Keep on Smiling deur James Lloyd (1988).
MOET-HOOR
NOTHING BREAKS LIKE A HEART
MARK RONSON & MILEY CYRUS
Dié emosionele countrypopliedjie bevat ’n mengsel van folkerige countrypopklanke en disko.
Die Grammy-bekroonde Britse musiekvervaardiger Mark Ronson het die Malibu-sangeres, Miley Cyrus, nader getrek vir dié lusmaker vir sy nuwe album wat vanjaar uitgereik word.
Hy is deur ’n egskeiding en dit het sy benadering tot musiek verander. Die album is vol “hartseer liedjies”. Miley sing in haar Suidelike twang-aksent oor alles van die stand van sake in die wêreld tot haar gebroke hart.
’n Moet-hoor vir aanhangers. – Lara Atson
Beste vakansieliedjies
Ons het by ’n paar plaaslike musieksterre gaan hoor wat hul gunstelingliedjie vir die somertyd is.
J’Something
Mi Casa se Vida E Doce.
Holly Rey
Drive van Black Coffee en David Guetta.
Timo ODV
Enrico Sangiuliano se Blooming Era.
Craig Lucas
In My Mind van Dynoro & Gigi D’Agostino.
Paxton
Alone van Halsey.
– Nici De Wet
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET