TERUG MET MENING

Die 18-jarige ster, wat in 2017 bekendheid verwerf het met sy liedjie “One More Chance”, is terug met nog twee lekker nommers: “Stargaze” en “Hands Up”. 

Andrew het verlede jaar musiek maak tydelik opsygeskuif om sy matriekjaar aan die Hoër Seunskool Northwood in Durban te voltooi.

NUWE MUSIEK

Andrew Sutton het Stargazing in Februarie vanjaar uitgereik, en sy aanhangers is mal daaroor, sê dié jong popster. 

Hy is hoopvol dat sy jongste liedjie, “Hands Up”, dieselfde reaksie sal ontlok.

“Dié liedjie is baie positief en energiek met ’n kragtige boodskap. Dit moedig mense aan om in hulself en hul drome te glo.”

GROOT NAME

Hy sing vandat hy drie jaar oud was. Maar op 16 het hy die oog getref van die sanger Brad Klynsmith, wat deel was van die bekroonde musiekgroep Gangs of Ballet. 

Andrew was in gr. 10 en het aan ’n skoolkonsert deelgeneem toe die sanger hom sien optree. 

View this post on Instagram

Love my job ?????? ?? - @gregwrightmedia ??

A post shared by Andrew Sutton ?? (@andrew_sutton_sa) on

Hy toer tans die land vol saam met Brad om sy nuwe musiek te bemark. 

“Ek geniet dit veral om by skole op te tree, want dis waar die meeste van my aanhangers is.” 

LOCAL IS LEKKER

Hy is mal oor die Kaapse sanger en liedjieskrywer Matthew Mole en het die voorreg gehad om ’n optrede vir hom te open. 

“Ek hou van sy verhoog­teenwoordigheid en sal graag in die toekoms saam met hom wil werk.”

TOEKOMSPLANNE

Vanjaar wy hy hom aan sy musiek toe. Tans het hy nie planne vir ’n vollengtealbum nie, maar ons kan nog ’n liedjie verwag. 

Andrew, wat vier instrumente kan bespeel, wil ook sy lyf vervaardiger hou. 

“Dis ’n ander aspek van die bedryf, en dis ook my manier om ander opkomende sangers te help.”

LIEFDE

Hy is ongelukkig van die mark af. Andrew is die afgelope drie en ’n half jaar in ’n verhouding. Hy en sy meisie het mekaar by ’n kerk ontmoet. 

“Ek kry soms in die middel van die nag vreemde oproepe van aanhangers om te sê hulle is mal oor my en my musiek, maar ek neem dit nie te ernstig op nie.”

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.