LET ME

Die nuwe treffer is verlede maand uitgereik, het sy debuut op no. 2 op iTunes se wêreldwye trefferlys gemaak en was no. 6 in Suid-Afrika.

TOER

Zayn se eerste album, Mind of Mine, was supersuksesvol, maar weens angstigheid het hy nie daarmee gaan toer nie.

Hy is nou reg vir toer met sy nuwe musiek en komende album, het hy gesê. Ons hoop hy maak ’n draai in Suid-Afrika.

HARTSEER ZAYN

Die model Gigi Hadid (23) en Zayn (25) het ná twee jaar saam uitgemaak.

’n Gebroke Zayn het op ’n radioprogram erken Let Me is vir Gigi geskryf en gesê: "Ek was baie verlief, maar dinge verander en mense gaan aan met hul lewe. Tye verander, en dit is waaraan ek gedink het toe ek die liedjie skryf."

Maar dit lyk tog of dié twee dinge kan red . . .

TREFFER- MASJIEN

Sy eerste enkelsnit nadat hy One Direction verlaat het, Pillowtalk, het no. 1 op iTunes in 60 lande gehaal.

Sy liedjie Dusk Till Dawn, saam met Sia, het in Februarie platinumstatus in Amerika behaal – wat beteken dis meer as ’n miljoen keer gekoop of aanlyn gestroom.

AKTEUR

Zayn wil in die voetspore volg van sy medegroeplid Harry Styles, wat in 2017 in die fliek Dunkirk te sien was.

In Let Me se musiekvideo, waar hy in die misdaadwêreld vasgevang is, kry ons ’n voorsmakie van sy toneelspeltalent.

Hy het aan ’n Britse radiostasie gesê hy is nog nie Oscar-materiaal nie, maar stel beslis in toneelspel belang.

BRONNE: BBC.COM, CELEBRETAINMENT.COM, MARIECLAIRE.CO.UK