“Wintermaande voel soms soos jare en ek wou die gevoel van ’n somervakansie met my nuwe album skep, net om dié koue tydperk 'n bietjie warmer te laat voel,” sê Dirk.

“Ek kry maklik koud,” het Dirk aan Huisgenoot gesê. Die foto’s vir sy album is aan die begin van Mei geneem, en daarvoor moes hy in ’n swembad staan.

“Ná 20 minute het die fotograaf vir my gesê: ‘Dude, jou lippe is al blou. Kom ons gaan maar in die huis in.’ ”

Op ’n koue dag steek Dirk dikwels ’n vuurtjie aan, sit ’n lekker dansalbum aan en dans homself warm. “Dan kry ek sommer oefening ook,” skerts hy.

Maar hy wil nie alleen dans nie. Om mense saam aan die dans te kry (en die album te bemark) het Dirk onlangs deur die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria met ’n groot luidspreker gestap en Sexy Vi My gesing.

Take 2 - ouma is ready! Let's go!!! #SexyViMy #NuweCDJunie2018

A post shared by Dirk van der Westhuizen (@dirk_vd_westhuizen) on

“Die beste deel daarvan was die mense se reaksie en wanneer ek vir die tannies gesing het. Hulle het vir my geglimlag en ek kon sien hulle voel spesiaal,” vertel Dirk.

Alles gaan darem nie net oor die uiterlike wat “sexy” betref nie, want hy glo dit gaan meer oor die selfvertroue en energie wat ’n mens uitstraal.

“Daar is vir my niks so sexy soos ’n breë glimlag en lyftaal wat selfversekerheid en selfvertroue wys nie.” 

Die musiek wat Dirk sexy laat voel is Snotkop se musiek omdat dit ’n “lekker dansritme” het. Verder dink hy Dans in die Reën van Karlien van Jaarsveld behoort ook op enige speellys te wees waar jy jouself warm dans.

Hier is ander liedjies op ons speellys wat jou warm sal hou op ’n koue winterdag.

Adam – Sê My

Leah – Met Jou Klere Aan

Brendan Peyper – Klim Jou Everest

Ruan Josh – Maan en Sterre

Elizma Theron – Marilyn Monroe