Die geleentheid, wat in die Teatro by Montecasino in Johannesburg plaasgevind het, is regstreeks op kykNET uitgesaai.

Die komediant Schalk Bezuidenhout was die aanbieder, en hy is om die beurt op die verhoog vergesel deur die gasaanbieders, Anna-Mart van der Merwe, Bennie Fourie, Cintaine Schutte, Vashti Prins en Dean John Smith.

Van links is Albert Pretorius, Cin­taine Schutte en Bennie Fourie. Foto: Onkgopotse Koloti.

Uittreksels uit benoemde produksies, wat op verskeie kunstefeeste landwyd te sien was, is op die verhoog uitgevoer.

Paul du Toit is vereer as beste ­ak­teur vir sy spel in Melk & Vleis. Foto: Sean Brand

“My voorliefde was nog altyd teater,” sê Paul du Toit, wat bekroon is as beste akteur vir sy vertolking in die drama Melk & Vleis.

“Dis waar my loopbaan as storieverteller begin het, en dit het ’n baie persoonlike plek in my hart. Om te sien hoe die land deur ’n geleentheid soos vanaand teater kan vier, is vir my wonderlik.”

Die akteur Dean John Smith was een van die aand se gasaanbieders. Foto: Sean Brand.
Bobby van Jaarsveld en sy vrou, ­Annatjie, het spoggerig gelyk. Foto: Onkgopotse Koloti.
Die akteur Ramey Short en sy meisie, die fotograaf Loricia Bruwer. Foto: Onkgopotse Koloti.
Zetske van Pletzen (links) en Leandie du Randt Bosch was kleurryk uitgevat. Foto: Onkgopotse Koloti.
Van links is De Klerk Oelofse, Nico Scheepers en Albert Pretorius, wie se Nêrens, Noord-Kaap ’n Fiësta gewen het. Foto: Sean Brand.
Die akteur David Vlok en sy verloofde, Joanika Haasbroek, haak in April af. Foto: Onkgopotse Koloti.

Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en Afrikariz het die gaste met hul sang vermaak.

Hakkiesdraad Hartman, Lynelle Kenned, Francois van Coke en Afrikariz vermaak die gehoor. Foto: Sean Brand.

“Hopelik sal elkeen wat die geleentheid op die kassie kyk, aangespoor word om teater te kom kyk en besef hoe besonders dit is om dit te beleef,” sê Cintaine.

Milan Murray, wat benoem is vir beste spel in ’n solovertoning vir haar optrede in Weerkaats, sê teater is vir haar spesiaal omdat dit onmiddellike reaksie ontlok.

Milan Murray is vir haar optrede in ­Weerkaats benoem. Foto: Onkgopotse Koloti.

“Die adrenalien van die medium maak dit vir my besonders,” sê sy.

“Dis vreeslik lekker om deur teatermense erken te word vir jou werk. Dit gaan nie oor wie met die prys wegstap nie; die feit dat jy benoem word, beteken iemand dink jou werk is goed genoeg. Iemand soos ek, wat vanjaar 20 jaar in die bedryf vier, het soms daai kloppie op die skouer nodig wat sê: ‘Jou werk word raakgesien.’ ”