Sy stryd teen angs

In My Blood, Lost in Japan . . .Dié enkelsnitte het al op trefferlyste geboer nog voor Shawn (19) se derde, selfgetitelde album onlangs uitgereik is. In My Blood handel oor sy stryd teen angs.

“Al rede waarom ek die liedjie geskryf het, is om te besef dis nie in my bloed om so te voel nie,” sê hy.

Thank you #wangotango!! ??

A post shared by Shawn Mendes (@shawnmendes) on

Die nuwe Biebs

Nes sy Kanadese landgenoot Justin Bieber (24) het Shawn ’n platekontrak losgeslaan deur sy sangtalent aanlyn te laat hoor.

Hy het ses sekondes lange video’s gedeel op die app Vine, waar hy grepe uit gewilde liedjies sing. Binne enkele maande het hy miljoene trefslae gehad – en in 2014 het hy sy eerste platekontrak gekry.

Uitblinker

Hy is een van net ’n handjie vol sangers wat op 18 al twee no. 1-albums op die Amerikaanse Billboard 200-albumlys gehad het met sy debuutalbum, Hand­written (2015), en die opvolg, Illuminate (2016). Hy het ook al 43 pryse ­ingeoes, onder meer agt MTV Europe-beeldjies.

Praat van talentvol!

Making of #ShawnMendesTheAlbum - “Lost In Japan” x

A post shared by Shawn Mendes (@shawnmendes) on

Liefdesduifies?

Die tonge het geklap toe Shawn en die model Hailey Baldwin (21) vanjaar saam by die Met-gala in New York opdaag. Maar hulle is glo net goeie vriende.

@tommyhilfiger #metgala

A post shared by Shawn Mendes (@shawnmendes) on

Koes, dis Harry en Meghan!

Hy het in April in koningin Elizabeth II vasgeloop toe hy in Londen op haar 92ste verjaardagpartytjie opgetree het.

“ ’n Mens mag nie met haar praat tensy sy eers met jou praat nie; daar was toe 10 minute se ongemaklike stilte tussen my en Haar Majesteit,” vertel hy.

Hy het ook prins Harry en dié se toe nog verloofde, Meghan Markle, raakgeloop, maar toe raak hy so benoud dat hy net omgedraai het. "Ek het nog nooit so geswymel oor beroemdes nie!"

Flitsfeite

  • Sy volle name is Shawn Peter Raul.
  • Shawn is Engels, Spaans en Frans magtig.
  • Hy is ’n groot Harry Potter-aanhanger.
  • Hy het op 13 deur YouTube leer kitaar speel en speel ook klavier.
  • Hy staan 1,88 m in sy sokkies en het al sy lyf model gehou vir Emporio Armani.

Bronne: Kiss925.com, People.com, Noise11.com, TheFactsite.com, CA. HelloMagazine.com