Dit het haar net 34 sekondes gekos om die hele blokkiesraai te voltooi, vertel Leah laggend. "Ek het al die 'dwars' leidrade se antwoorde geken en het nie eens nodig gehad om die 'af' leidrade te lees nie!"

Sy en die sanger Lee Scott toer tans deur die Vrystaat, Noordwes en Limpopo, vertel sy, en daarna begin sy aan 'n nuwe album skryf.

Tussendeur het sy ons blokkiesraai voltooi - "dit was baie oulik en lekker!" laat hoor die talentvolle vrou.