Die sangeres en komediant Sorina Erasmus - oftewel Flooze - het vandag se miniblokraai binne 3 minute en 5 sekondes kafgedraf. Kyk hieronder of jy haar kan troef!

"Dis baie oulik en kreatief," het Sorina oor die raaisel laat hoor. "Dis nie te ingewikkeld nie en omdat 'n mens teen die tyd speel, is dit net so opwindend soos 'n kompetisie: ek teen myself!"

Sorina het meer om op trots te wees as net haar blokraaivernuf . .  . Haar en Dirk van der Westhuizen se vrolike nuwe nommer "Sout en Peper" is van vandag af oral te kry. Kyk die video hier.