1. God of War (slegs PS4)

Die speletjie is vroeg verlede jaar uitgereik en daarom sou ’n mens dit maklik kon vergeet.

Maar dis onmoontlik om daarmee fout te vind. Die grafika, speel-ervaring en storie in God of War is uitsonderlik en dit was van die begin tot die einde ’n absolute vreugde om te speel.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.

2. Call of Duty Black Ops 4 (PS4, Windows, Xbox One)

Black Ops 4 herinner ons hoekom Call of Duty die kragtige speletjiereeks geword het wat dit vandag is.

Hierdie jongste uitreiking is op alle vlakke puik. Dit is tot dusver die beste speletjie in die reeks.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.

3. Forza Horizon 4 (Xbox One, Windows)

Horizon 4 se veranderende seisoene, reusewêreld en ten volle geïntegreerde aanlyn spel maak dit uitstekend in ’n genre wat ’n bietjie saai begin raak het.

Voeg daarby die groot keuse van motors en weeklikse geleenthede, en jy het ’n speletjie wat jy nog lank sal speel.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.


4. Red Dead Redemption 2 (PS4, Xbox One)

Red Dead 2 stel sy eie voorwaardes en volg sy eie pas.

Die speletjie se wêreld is ongeëwenaar en die aandag aan detail iets wat ons nog nie voorheen gesien het nie.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.


5. Battlefield V (PS4, Windows, Xbox One)

Battlefield neem ons terug na die slagvelde van die Tweede Wêreldoorlog en dit stel nie teleur nie.

Groot 64-spelergevegte, ’n spul nuwe modusse en die belofte van gratis bykomende inhoud in die toekoms maak dit een van ons gunsteling-Battlefields nog.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.


6. Hitman 2 (PS4, Xbox One, Windows)

Hitman 2 is die beste Hitman-ervaring en bou voort op die sukses van die 2016-Hitmanspeletjie.

Hiermee verskaf IO Interactive nog meer van die ongelooflike sluipmoorde-naarspeelervaring wat ons geleer het om van hulle te verwag.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.


7. The Forest (PS4, Windows, Xbox One)

Dié oorlewingspeletjie met ’n gruwelgrondslag is vanjaar op konsole uitgereik.

Dit verg van jou om teen hordes kannibaalagtige wesens te oorleef. Dit het ’n goeie storielyn – as jy nie te besig is om die hope vyande af te weer wat jou jaag nie.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.

8. Marvel’s Spider-Man (slegs PS4)

Dis die beste superheldspeletjie wat ons in ’n baie lang tyd gespeel het . . . ’n fantastiese oop wêreld wat lewendig voel, ’n afwisselende speelervaring en ’n fantastiese storie wat vir ’n slag nie net ’n oorsprongverhaal is nie.

Spiderman
Ter illustrasie.Foto: Gallo Images/Getty Images.

9. Monster Hunter World (PS4, Windows, Xbox One)


Monster Hunter het op die Nintendo 3DS uit sy kettings losgebreek en op ’n skouspelagtige wyse sy weg na die huidige generasie konsoles gevind. Monster Hunter World is alles waarvoor ons in ’n Monster Hunter- speletjie kon vra.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.

10. Pokémon Let’s Go Pikachu en Let’s Go Eevee (slegs Nintendo Switch)

Pokémon se eerste hooftitel wat op die Nintendo Switch uitgereik is, stel nie teleur nie.

Dit is ’n wonderlike onthoureis vir aanhangers van die oorspronklike groen-en-geel weergawes van Pokémon, en ’n lekker plek vir nuwe Pokémon-aanhangers om aan boord te kom.

Pokemon
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images.


WAT'S NUUT IN 2019? 

Hier is die 10 speletjies waarop ons skaars kan wag

1. Anthem

Anthem, van die skeppers van die Mass Effect-reeks, sal beslis iets spesiaals wees. Dit is ’n aanlyn skietspeletjie in spanverband – met ’n fokus op sendings en plundery.

Die bietjie wat ons al van Anthem gesien het, laat ons dink dit kan dalk een van 2019 se bestes word.

2. Kingdom Hearts 3

Aanhangers wag al langer as 10 jaar op ’n ware opvolg op Kingdom Hearts 2, met nuwer Disneyname soos Frozen, Tangled en Big Hero 6.

Ons is opgewonde om te sien watter avonture op Mickey en sy vriende wag.

3. Sekiro: Shadows Die Twice

Dis van die ontwikkelingsateljee wat vir ons Dark Souls en Blood Bourne gebring het. Sekiro beloof aksiebelaaide gevegte – met die klem op spoed en presisie. Boonop is daar ’n manier om ’n nuwe lewe te bekom wanneer jy doodgaan.

Dit sal spelers se verwagtings van dié genre verander.

4. Devil May Cry 5

Dante is terug in dié opvolg op Devil May Cry 4.

DMC 5 lyk ongelooflik wat beweging betref en kan spelers die ware wilde- demoonjagervaring gee waarna ons almal heimlik hunker.

5. Dreams

Dreams, van die skeppers van LittleBigPlanet, is meer as net ’n speletjie.

Dit is ’n hele stel gereedskap vir kreatiewe skepwerk. Van video’s en speletjies tot volwaardige rolprente en interaktiewe stories – as jy dit kan droom, kan jy dit in Dreams skep.

6. Resident Evil 2

Baie tyd het al verbygegaan sedert ons die oorspronklike Resident Evilspeletjies op PlayStation 1 gespeel het.

Ons kan nie wag dat Resident Evil 2 met die krag van die huidige generasie konsoles herleef nie.

7. Jump Force

Al jou gunsteling-animekarakters uit reekse soos Naruto, Dragon Ball Z en One Piece sê mekaar die stryd aan in dié gekke, oordadige aksie vir tot ses spelers op ’n slag.

Sê niks meer nie; ek is reeds verslaaf.

8. Session

Ons het lank laas ’n goeie nuwe skaatsplankspeletjie gekry.

Met dié dat die onlangse Tony Hawkspeletjies nie tevrede gestel het nie en die Skate-speletjiesreeks ’n mislukking was, was daar ’n reusegaping in ons skaatsplankspeletjielewe. Session hoop om dit te vul.

9. Fire Emblem Three Houses

Daar is streng geheimhouding rondom die Fire Emblems-reeks se debuut op die Nintendo Switch. Maar die ontwikkelaars het so ’n onberispelike geskiedenis dat ons vas glo dit sal ’n fantas- tiese speletjie wees.

10. Star Wars Jedi Fallen Order

Nuwe Star Wars-speletjies is altyd groot nuus. Maar dit wat ons oor Jedi Fallen hoor, maak ons nog meer opgewonde as gewoonlik.

Dit is blykbaar soortgelyk aan die Star Wars-titel The Force Unleashed, maar met ’n baie afgeronder en ernstiger storie.