FLINK DINK

Hier is ’n voorbeeld van ’n student wat te logies geredeneer het: In die eksamen word ’n voornemende ingenieur gevra watter stappe hy sal doen as die drukmeter in ’n stoomketel by die rooi gevaarmerk verby is en die watermeter wys die stoomketel is byna leeg.

Toe antwoord hy: “Baie lang treë gee.”

  • Leon Kruger 

SLINKSE SLENTER

’n Vrou gaan klop by haar sexy buurvrou aan. “Ek wil jou ’n guns vra. Wil jy nie asseblief vanmiddag bostukloos op jou terras lê en sonbaai nie?”

“Wat! Waarom?” vra die buurvrou verbaas.

“Want dan sal ek my man eindelik sover kan kry om die gras te sny.”

  • Wollie, Pretoria

DIERE EN HUL DINGE

V: Wat is erger as ’n haai met tandpyn?

A: ’n Duisendpoot met liddorings.

V: Hoekom het die skilpad kroeg toe gegaan? 

A: Vir nog ’n dop.

V: Aan watter siekte ly beeste dikwels?

A: Hooikoors.

  • Lita Schoon

MEDIESE RAAISEL

’n Ou man kom by ’n dokter se spreekkamer ingestrompel en kla: “Dokter, my knie is so seer, ek kan skaars loop!”

Die dokter kyk hom op en af en vra: “Meneer, hoe oud is jy?”

“Ek is 98,” sê die ou man trots.

Die dokter sug en sê: “Ek is jammer, maar kyk nou net! Jy’s amper 100 jaar oud en jy kla oor jou knie wat seer is! Wat verwag jy?”

“Wel,” sê die omie, “my ander knie is ook 98 en hy’s nie seer nie!”

  • Louise Noeth

GEVAARLIKE KOS

Ná die herrie oor polonie en listeriose het navorsers nou nog ’n voedselsoort geïdenti­fiseer wat selfs jare nadat jy dit geëet het steeds groot pyn en lyding kan veroorsaak.

Troukoek!

  • L. Saayman

GRAFSKRIFTE

V: Wat staan op ’n staatsamptenaar se graf?

A: “Hier rus ek verder.”

V: En op Robocop se graf?

A: “Roes in vrede.

  • Peter, Randfontein

VERBODE VRUG

V: Hoekom het Eva die verbode vrug geëet?

A: Omdat sy nie ’n vriendin in die paradys gehad het nie, want as sy ’n vriendin gehad het, het hulle tee gedrink en koek geëet en nie met die slang gelol nie!

  • Hester, Namibië

WELDAAD

Koos staan voor die hemelpoort.

Die engel vra hom: “Het jy enigiets goeds op aarde gedoen?”

“Ja,” sê Koos, “ek kan onthou toe ek by ’n motor­fietssaamtrek was en ’n klomp bikers ’n meisie lastig val.”

“En wat het jy toe gedoen wat so goed was?” vra die engel. 

“Ek het reguit na die grootste ou gestap, hom met die vuis bygedam, sy neusring uit sy neus geruk en sy motorfiets omgegooi. 

“Toe sê ek vir hulle: ‘As julle haar nie nou uitlos nie, dan wys ek vir julle waar David die wortels ge­grawe het!’ ”

“En wanneer het dit gebeur?” vra die engel.

“So ’n paar minute gelede,” antwoord Koos.

  • Wynand Kaltwasser

DAAR’S WATER!

Die waternood raak darem nou erg in die Kaap. 

Die polisie keer my daar in ’n padblok­kade voor en sê: “Mevrou, blaas gou in die pypie; ons wil kyk hoeveel water jy gedrink het!” 

Ook maar goed ek het ’n bier gedrink pleks van daardie derde glas water . . .

  • Hester, Namibië

GROOT NOOD

V: Hoekom kan ’n blondine nie 911 bel wanneer sy in die nood verkeer nie? 

A: Want sy kan nie die 11 op haar foon kry nie!

  • Denise, Pretoria

STAAN EN VAL

Die verkiesing is daardie tyd wanneer mense uitvind waarvoor die politici staan – en die politici uitvind waarvoor die mense val.

  • F. H. Horne, Hartenbos

GROOTMOND

Party mans wy die helfte van hul lewe daaraan om almal te vertel wat hulle nog alles gaan doen – en die ander helfte om te verduidelik waarom hulle dit toe nie gedoen het nie.

  • Jimmie Botha, Waterval-Boven

OORMAAT VAN RAMP

Albert koop ’n peperduur motor en is maar huiwerig om sy vrou daarmee te laat ry. 

Eindelik stem hy tog in dat sy met die nuwe motor na die supermark daar naby ry, maar hy waarsku haar: “Onthou nou net, as jy ’n ongeluk maak, sal jou ouderdom in die koerant verskyn!”

  • Louise Noeth

MIDDELJAREKRISIS

Die goeie nuus in die middeljare is dat die glas steeds halfvol is. 

Die slegte nuus is dat jou tande binnekort daarin gaan ronddryf.

  • Lita Schoon

LAASTE RUSPLEK

’n Bejaarde vrou besluit dis tyd dat sy vir die dominee sê wat haar laaste wense is. 

Eerstens wil sy veras word en tweedens moet haar as by die plaaslike winkelsentrum gestrooi word.

“Nou waarom daar?” vra die dominee verbaas. 

“Dan sal ek ten minste daarvan seker wees dat my dogters my gereeld sal kom besoek,” kom die antwoord.

  • Wollie, Pretoria 

GELUKKIG IN HAAR 20’S

’n Vrou se gelukkigste jare is die jare toe sy 29 was.

  • Jimmie Botha, Waterval-Boven

STERREHEMEL

Twee blondines staan en kyk na die sterre. Die eerste een vra: “Dink jy daar’s lewe daar bo?”

Tweede blondine: “Ja, natuurlik! Die ligte brand dan!”

  • Wollie, Pretoria 

WYSNEUS

Twee neusoptrekkerige vroue sit in die sit­kamer en gesels terwyl hul gasvrou gou kombuis toe is. 

Die gasvrou se sesjarige dogtertjie is aangesê om die twee gaste geselskap te hou. 

Die kind is mollig, met skewe tande, ’n bril en muisvaal hare, en sy sê ook nie “boe” of “ba” nie.

Ná ’n rukkie sê die een vrou vir die ander: “Sy is nie baie m-o-o-i nie, is sy?”

Toe praat die kind vir die eerste keer: “Dalk nie, maar ek is baie s-l-i-m en ek kan s-p-e-l!”

  • Louise Noeth

IMMER JONK

Ek sal nooit oor die muur wees nie – ek is te verdeksels moeg om daaroor te klim.

  • Denise, Pretoria

VERKEERDE DOKTER

’n Blondine gaan dokter toe vir ’n ondersoek. 

Terwyl hy sy hande by die wasbak was, sê hy oor sy skouer vir haar: “Trek solank jou bloes vir ons uit.”

Maar toe hy omdraai, staan sy poedelkaal voor hom.

“Juffrou, jy hoef nie alles uit te getrek het nie,” sê hy gou.

Blosend maak die blondine verskoning: “Jammer dat ek so verstrooid is. Ek dog ek is by die tandarts.” 

  • F.H. Horne, Hartenbos

WYK SATAN!

Die paartjie doen inkopies in die winkel­sentrum. Toe die vrou ’n nuwe rok koop, is die man ongelukkig omdat hy meen sy gee on­nodig geld uit.

“Dit moes die duiwel gewees het,’’ sê die vrou toe. “Hy het my versoek.”

“Ja, maar jy moes vir hom gesê het : ‘Gaan weg agter my, Satan!’ ” kap die man terug.

“Ek hét, maar toe sê hy : ‘Dit lyk so goed van agter – dit pas jou uitstekend!”

  • G. Roux

BOERETROOS

Kleinkoos ry met sy pa se trekker en ’n sleepwa vol lusern op die grootpad. Om ’n draai keer die sleepwa om. Net toe daag die buurman op en bied sy hulp aan. 

Maar eers nooi hy: “Kom, Kleinkoos, die huis is naby; ons kan eers gaan koffie drink.”

“Nee dankie, oom. Pa sal nie daarvan hou nie.”

“Nonsens, ek kan jou later kom help. Kom ons gaan drink eers koffie,” hou die buurman vol.

Gedweë stap Kleinkoos saam, maar hy sê weer: “Pa sal nie daarvan hou nie, oom.”

Ná die koffie stap hulle terug. “En waar is jou pa?” vra die buurman.

“Onder die sleepwa, oom.”

  • Kasoepie 

MUIS SE MOSES

V: Hoe spel ’n mens “muisvalletjie” met net drie letters?

A: K-A-T

  • L. Saayman, Sabie 

NUWE NAAM

Die motiveringspreker het my ’n goeie wenk gegee. 

Ek gaan die toilet voortaan die Jim noem, nie meer die John nie. Dit laat my baie beter voel as ek kan sê ek was vanoggend in die Jim!

  • F.H. Horne, Hartenbos 

STANDBEELD

’n Toeris besoek een van Europa se groot katedrale. 

Hy vra vir die toergids : “Wat is daardie standbeelde bo-op die katedraal se dak?” 

“Wag tot vyfuur,’’ sê die gids; “as hulle beweeg, is dit werkmense.”

  • G. Roux 

RAAK GESÊ

Goeie dinge kom na dié wat wag . . . Of dit wat daarvan oor is nadat iemand anders hulle voorgespring het.

As die skoen pas, kry nog so een.

’n Flitslig is ’n toestel waarin dooie batterye gebêre word.

Solank daar eksamens is, sal daar gebede in skole wees.

’n Boete is ’n belasting as jy sleg doen. Belasting is ’n boete as jy goed doen.

Navorsing veroorsaak kanker in rotte.

Al kuur vir slapeloosheid is om meer te slaap.

Ek het met niks begin en het steeds die meeste daarvan.

Lig trek vinniger as klank; daarom lyk party mense slim tot hulle begin praat.

  • Louise Noeth 

MAALSOM

Jannie sit by die konynhok en sy pa hoor hoe hy vra: “Hoeveel is twee maal twee?”

Sy pa krap kop en vra: “Jannie, wat maak jy daar?’’

“Ons juffrou het gesê konyntjies kan baie goed vermenigvuldig, maar dié een is dom. Hy werk nog die antwoorde uit!’’

  • F.H. Horne, Hartenbos 

SLIM EVA

Gertruida: “Arnoldus, ek het ’n geluid in die sitkamer gehoor. Jy moet gaan kyk; dis dalk ’n inbreker. 

“Trek jou japon aan en gaan kyk. Moenie ’n geluid maak nie. Moenie die ligte aanskakel nie.” 

Arnoldus staan suutjies op en beweeg geluidloos tot by die kamerdeur. Toe vra sy vrou: “En wanneer jy terugkom, bring sommer vir my ’n glas melk saam uit die kombuis.”

  • Kasoepie

ANDER SIENING

Mense verskil baie van mening oor verskillende sake.

Vir my is my meisie die wonderlikste, mooiste mens in die wêreld. 

Maar vir my vrou . . . !

  • Lita Schoon

VIR DIE KLEINSPAN

V: Watter tipe kar ry Luke Skywalker?

V: ’n Toy-yoda.

  • L. Saayman, Sabie
Kontak ons

Stuur gerus oorspronklike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.

Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bank­besonderhede (bank, taknaam, -kode en rekeningnommer).