VLIEGVREES

Oupa is huiwerig om by sy kinders te gaan kuier, want hy is bang vir vlieg.

 “Oupa, moenie bang wees om in ’n vliegtuig te klim nie,” moedig sy kleinseun hom aan en laat so ewe hoor: “As ’n mens se dae getel is, is dit getel, waar jy jou ook al bevind.”

“Ja, dit is seker so,” gee oupa toe, “maar waarom moet ek by wees wanneer die vlieënier se dae getel is?”

Mariska Duvenage, Waterval-Boven

WAARSÊER

’n Man stap by ’n kermis rond en sien ’n fortuinverteller se tent. Vir die grap besluit hy om in te gaan – oortuig daarvan sulke mense vis vir inligting en vertel jou dan kamma jou fortuin.

"Ek sien jy is die pa van twee kinders,” sê die vrou terwyl sy in haar kristalbal staar. 

“Dis wat jy dink,” lag hy haar uit, “ek is die pa van drie kinders.” 

Die vrou antwoord: “Dis wat jý dink!”

Denise, Pretoria

KORT EN KRAGTIG

Die sewe kortste boeke op aarde:

  • 1 000 Jaar van Duitse Humor
  • Alles Wat Mans oor Vroue Weet
  • Die Taktvolle Politikus deur Donald Trump
  • Etiek vir Prokureurs
  • Amerikaners Se Gids tot Etiket
  • Smullekker Geregte uit Antarktika
  • Veilige Plekke in Suid-Afrika

Louise Noeth


GOED GEKORING

Hans kom besope by die huis aan, waar sy vrou hom inwag. 

“Waarvoor kom jy halfdronk hier by die huis aan?” gil sy.

“Ag, jammer, liefie,” antwoord hy, “maar my geld het ongelukkig opgeraak.”

 Lita Schoon

VERGEET OM TE VERGEET

Kennisgewing in ’n kroeg: As jy drink om te vergeet, betaal asseblief vooruit.

Marno du Plessis

Kontak ons

Stuur gerus oorspronklike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.

Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bank besonderhede (bank, taknaam, kode en rekeningnommer).