Jy kan nou Huisgenoot se blokraaie en ander woords
Jy kan nou Huisgenoot se blokraaie en ander woordspeletjies aanlyn invul. Foto:Gallo/Getty Images

Watter raaisels in Huisgenoot is jou gunstelinge – daardie speletjies waarin jy jou heel eerste verdiep wanneer jy jou nuwe tydskrif kry?

Is jy verslaaf aan ons blokraaie, of verkies jy ons sudoku’s? Of geniet jy dit om soos ’n speurder ’n koderaaisel op te los of om ’n woordsoek te fynkam tot jy ál die versteekte woorde daarin gevind het?

En is jy dan sommer haastig om jou hande op ’n volgende raaisel te lê?

Wel, nou hoef jy nie meer te wag voor jy jou volgende raaisel kan takel nie . . .

Vandeesweek stel ons ’n splinternuwe digitale raaisel-platform, Huisgenoot Raaisels ondersteun deur Netwerk24, bekend – en hier kan jy ons blokraaie, woordsoek, sudoku’s en koderaaisels aanlyn doen.

Ja, dis reg – jy kan ons raaisels nou op jou selfoon, tablet of rekenaar invul. Die raaisels is interaktief en die formate is in pas met die aanlyn raaisel-formate en -tegnologie van die wêreld se voorste mediahuise.

Jy hoef dit nie op papier in te vul nie, want als is toeganklik op jou skerm en jou antwoorde sal op jou toestel gebêre word waar jy enige tyd verder daaroor kan kopkrap.

Dis boonop sakpas, want verskillende pakkette is beskikbaar teen verskillende pryse. Jy kan kies en keur voor jy klik en koop – en dan sommer dadelik begin speel!

Huisgenoot het ’n gevestigde blokraaimark wat die raaisels graag op papier invul. Ons is versot op daardie mense en dit is heerlik om vir hulle produkte te skep,” sê Gerda Engelbrecht, een van Huisgenoot se blokraai-opstellers wat ook aan die inhoud vir die nuwe platform gewerk het. Sy glo ons digitale raaisels sal net soveel meer plesier verskaf.

Mense het dikwels ’n voorkeur wanneer dit by raaisels kom, sê Gerda. “Dit is selde dat ek mense teëkom wat van blokraaie én van sudoku hou. Mense hou gewoonlik van die een, óf van die ander,” vertel sy. Die mense wat van raaisels hou, watter soort hulle ook al verkies, kan gewoonlik nie genoeg daarvan kry nie, sê sy. Met ons nuwe digitale platform sorg Huisgenoot, ondersteun deur Netwerk24, dus dat ons iets vir elke voorkeur bied – en dít in Afrikaans.

“Aanlyn blokraaie het wêreldwyd vlam gevat en ons wou graag so iets ook met Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse raaisels beskikbaar stel,” sê Gerda.

“By Huisgenoot is ons gróót aanhangers van blokraaie en ander raaiselsoorte – en ons weet dat dit vir ons lesers net soveel vreugde en bevrediging bied as vir ons,” sê Yvonne Beyers, die redakteur van Huisgenoot oor dié baanbreker-projek. “Dit is vir ons opwindend om ’n nuwe aanlyn platform vir die digitale era te skep waar ons lojale lesers ons raaisels op nuwe maniere kan geniet en waar ons ook ’n nuwe generasie blokraaibeheptes kan bereik.”

Teken aanlyn in en kies die speletjies wat jy graa
Teken aanlyn in en kies die speletjies wat jy graag wil speel. Foto: Skermgreep

Wat is Huisgenoot Raaisels?

Huisgenoot Raaisels is beskikbaar by www.huisgenootraaisels.co.za.

Dit is ’n digitale platform wat ’n verskeidenheid interaktiewe speletjies soos blokraaie, woordsoek, koderaaisels en sudoku’s bevat. Jy kan als aanlyn doen. 

Daar is ook ’n eerste vir Afrikaans: ’n aantal videoraaisels. Hierdie raaisels is byna soos fotoblokraaie, maar die leidrade is video's, nie foto's nie. Jy klik op die video’s vir die leidrade en elke raaisel het ’n ander tema. 

Videoraaisels is 'n eerste in Afrikaans.
Videoraaisels is 'n eerste in Afrikaans. Foto: Skermgreep

Op Huisgenoot Raaisels kan jy uit ’n verskeidenheid pakkette kies en jou gunstelingspeletjies onmiddellik aanskaf om dit enige tyd, enige plek op jou slimfoon, tablet of rekenaar te voltooi. Dit is perfek vir ’n rustige aand tuis of wanneer jy selfoon-in-die-hand iewers staan en wag. 

Jy kan die blokraaie en ander woordspeletjies digi
Jy kan die blokraaie en ander woordspeletjies digitaal invul. Foto: Skermgreep

Daar is verskeie ander nuttige funksies wat dit sommer nóg lekkerder maak om ons raaisels te doen.

“Daar bestaan geen ekwivalent van dié soort speletjies in digitale formaat in Afrikaans nie,” sê Shané Barnard, projekbestuurder van Huisgenoot Raaisels. “Hoewel Afrikaanse blokraaie aanlyn bestaan, moet lesers die blokraaie eers tuis uitdruk voor hulle kan begin speel. Met dié platform bied ons eintlik ’n splinternuwe ervaring – jy kan funksies gebruik om jou antwoorde na te gaan, wenke kry en rekord hou van hoe lank dit jou geneem het om elke raaisel in te vul,” vertel sy.

Daar is 'n verskeidenheid bondels om van te kies.
Daar is 'n verskeidenheid bondels om van te kies. Foto: Skermgreep

Hoe werk dit?

Die raaisels is spesiaal so ontwerp dat jy dit gemaklik op jou rekenaar, selfoon of tablet kan voltooi. 

Stap 1

Besoek www.huisgenootraaisels.co.za en skep ’n rekening. Jy moet aanmeld om bondels te kan koop.

Stap 2

Wanneer jy op die tuisblad is, klik op die knoppie wat sê: “Klik en koop!”.

Stap 3

Jy sal ’n lys met verskillende raaisel-bondels sien. Kies die bondels wat jy graag wil aanskaf en kies “Voeg by mandjie”.

Stap 4

Klik op “Gaan voort met inkopies”.

Stap 5

Vul jou naam, e-posadres en betaalbesonderhede in.

Stap 6

Betaal met jou kredietkaart.

Stap 7

Jy sal ’n e-pos ontvang wat jou besonderhede bevestig. En siedaar! Nou kan jy aanmeld, op jou pakkette en raaisels klik en begin speel.

Goeie nuus: Jy betaal eenmalig vir die bondels wat jy kies en het dan onbeperkte toegang tot daardie pakkette. Dit beteken jy kan aanmeld en verder speel net wanneer jy wil. As die raaisels in jou pakkette almal voltooi is, kan jy nog pakkette koop.


Toets dit gratis!

Wil jy eers kyk hoe dit werk voor jy opdok?

Bo-aan die lys met die verskillende raaiselpakkette is ’n bondel wat jou toelaat om van die speletjies gratis te toets. Skep ’n rekening, meld aan en klik dan op “3 gratis raaisels”. Voltooi nou die drie verskillende raaiselsoorte om te sien hoe dit werk.

Let wel: Jy sal jou antwoorde eers kan bêre wanneer jy pakkette gekoop het.

Hoeveel kos dit?

Ons bied verskillende bondels teen verskillende pryse. Daar is reeds byna 300 raaisels op die platform beskikbaar, en ons sal gereeld nog pakkette bywerk.

Hierdie bondels is reeds beskikbaar:

  • 100 blokraaie vir R250
  • 10 videoraaisels vir R40
  • 10 woordsoeke vir R40 (2 pakkette)
  • 20 woordsoeke vir R75 (2 pakkette)
  • 10 sudoku’s vir R40 (2 pakkette)
  • 20 sudoku’s vir R75 (2 pakkette)
  • 10 koderaaisels vir R40 (2 pakkette)
  • 20 koderaaisels vir R75

Jy kan verskillende pakkette kies. Foto: Skermgree
Jy kan verskillende pakkette kies. Foto: Skermgreep

Speel saam met iemand anders

Wat is lekkerder as om saam met ’n mede-raaiselgeesdriftige na antwoorde te soek? Die platform bied die opsie om die raaisels saam met ’n familielid of vriend op te los indien daardie persoon dieselfde bondel gekoop het.

As julle albei aanmeld en ’n pakket gekoop het, sal julle gelyk antwoorde in dieselfde raaisel kan invul – en mekaar se bydraes kan sien! 

“Raaisels is nie ’n solo-sport nie – en dis so lekker dat ons met dié platform ook vir mense die geleentheid kan gee om saam met ander die speletjies te speel, veral in ’n era waar ’n mens dikwels nie fisiek by jou geliefdes kan uitkom nie,” sê Shané. 

Volg hierdie stappe:

Stap 1

In die linkerhoek bo die raaisel, langs die tydhouer, klik op die knoppie wat lyk soos twee figuurtjies.

Stap 2

Kopieer en stuur die skakel na die persoon saam met wie jy die raaisel wil oplos. Hy of sy kan aanmeld vir die platform, klik op die skakel en dan saam speel. 

Onthou: Julle moet albei aanmeld by die platform en dieselfde pakket koop om saam ’n raaisel in daardie pakket te kan doen. Julle kan ook later met dieselfde skakel na die raaisel terugkeer.


Koop ’n geskenkebewys vir ’n raaisel-liefhebber

Ken jy iemand wat verslaaf is aan raaisels? Koop ’n geskenkbewys vir ’n bedrag van jou keuse (minimum R40) en gee dit as geskenk vir daardie raaisel-liefhebber. Wanneer jy vir die geskenkbewys betaal, kan jy die ontvanger se besonderhede en ’n boodskap invul.

Volg hierdie stappe:

  • Stap 1: Wanneer jy op die tuisblad is, klik op “Koop ’n geskenkbewys”. 

  • Stap 2: Vul die bedrag van jou geskenkbewys in en klik op “Voeg by mandjie”. 

  • Stap 3: Klik op “Gaan voort met inkopies”. 

  • Stap 4: Vul die faktuurbesonderhede (naam, e-posadres en betaalbesonderhede) in.

  • Stap 5: Aan die regterkant van die blad, klik op “Skenk aan iemand anders” en vul die persoon se e-posadres in. Die geskenkbewys met die koeponkode sal na daardie e-posadres gestuur word. Die ontvanger kan nou ’n rekening op die webtuiste skep, aanmeld en die koeponkode gebruik om pakkette te koop.

  • Stap 6: Betaal met jou kredietkaart.

Nog spesiale funksies

  • Jy kan raaisels begin invul en dit dan bêre om later te voltooi;
  • Jy kan vra dat die raam vir jou letters of woorde aandui as jy vasbrand;
  • Jy kan vra dat die raam vir jou bevestig of jou antwoord reg is;
  • Jy kan die tyd wat dit jou neem om raaisels te voltooi meet – en ander dan in die sosiale media uitdaag om jou tyd te klop.
Vir meer inligting en om aan te sluit