Dié 26 jarige popsangeres het die wêreld aan haar voete. Sy was tot onlangs nog die Instagramkoningin met die meeste volgelinge en is deesdae weer op ons radar met die nuwe oorwurm, I Can’t Get Enough, saam met Benny Blanco. Dit het destyds begin met haar deelname aan ’n kinderprogram. En vandag is die Amerikaner ’n wêreldberoemde sangeres, aktrise en TV-vervaardiger van een van die gewildste tienerprogramme. Vul ons vasvra in en kyk hoe goed jy haar ken.