Jan Plaasboer vra vir sy buurman, Piet: “Het jy nog daai bul waaroor jy laas so gekla het?”

“Man, jy moet nou daai einste bul sien,” ­antwoord Piet.

“Vandat die veearts hom op daardie pil gesit het, is hy permanent op ­honeymoon. Al my koeie wat dragtig kon raak, is nou dragtig.”

Jan skuif ’n bietjie nader om mooi te kan hoor.

“Nou watse pille is dit, jong?” vra hy saggies.

Piet glimlag en sê: “Ek kan nie die naam mooi onthou nie, maar vra net die pilletjie met die vrankerige smakie.”

ELSA O’NEALE, STRAND

HOENDERKOP

V: Hoe weet jy wanneer jy ’n drankie te veel inhet?

A: Jy begin gesofistikeerd voel, maar jy kan dit nie spel nie.

LOUISE NOETH 

NUWE VERSKONING

Laat weet asseblief vir my vrou iemand het nou net in die kroeg gehoes. Die deure is gesluit en ek moet blykbaar nou 14 dae hier bly!

WOLLIE, PRETORIA
GROOT NOOD

’n Vrou bel die supermark om te hoor of daar dalk nog toiletpapier beskikbaar is noudat almal dit naarstiglik koop.

 “Nee, Mevrou, ons het ongelukkig geen toiletpapier meer op die rakke nie,” antwoord die verkoopsassistent. ”Maar ons het wel nog konfetti, wattebolletjies, sagte skuurpapier en laas week se koerante.”

ELSA O’nEALE, STRAND

MAAN TO

EHet jy gehoor van die restaurant op die maan? Dit het lekker kos, maar geen atmosfeer nie!

JANETTE D, ROODEPOORT

GOEIE OU DAE

 Vroeër was die enigste tyd dat ons paniekaankope gedoen het wanneer die kroegman geskree het: “Laaste ronde!”

WOLLIE, PRETORIA

BULPIL

TOEKOMSVISIE

In 1980 het ons gedink ons sal in 2020 vlieënde motors en stede op ander planete hê . . . Maar nee, hier is ons nou besig om te leer hande was!

DENISE, PRETORIA

STILTE, ASSEBLIEF

Dra mekaar se laste – moet net nie so hard steun dat almal jou hoor nie!

ANTON, BELLVILLE

TROOSWOORDE

“Bly kalm, Daniël, dis net ’n klein operasietjie. Moenie paniekerig raak nie,” sê die dokter.

“Maar Dokter, my naam is nie Daniël nie,” help die pasiënt hom reg.

“Ek weet,” sê die dokter. “Ék is Daniël.”

LEON KRUGER

BLONDE TOESKOUER

V: Waarom het die blondine paddavoete saamgeneem toe sy na ’n rugbytoets gaan kyk het?

A: Sy was bang sy verdrink in die Mexikaanse golf!

KASOEPIE

VOLGENDE LEWE

’n Student in die filosofieklas vra vir die ­professor: “Glo u in reïnkarnasie?”

 “Ja,” sê die proffie, “al vandat ek ’n klein paddatjie was.”

HELENA, KEMPTON PARK