G’N WEGKOMKANS NIE

Dit kan nie lekker wees om by die lykhuis te werk nie.

Dink net, die dag wanneer jy doodgaan, is jy weer terug by die werk.

– DENISE, PRETORIA 

DOL DEFINISIE

V: Wat is ’n ambulans?

A: ’n Minibustaxi met disko-ligte.

– C.J. LAMBRECHTS

GOEIE VRAAG

Tydens sy eerste besoek aan die dieretuin staan ’n seuntjie lank na ’n ooievaar en staar.

Toe vra hy sy pa: “Hoekom herken die ooievaar my dan nie?”

– JOHANNA, BRAKPAN

MISVERSTAND

V: Hoekom het die blondine die houer met melk in die winkel leeggedrink?

A: Want op die verpakking staan: “Maak hier oop.”

– JACO LOMBAARD

SOETE AFSKEID

Die pa is vies omdat ’n kêrel so laat by sy dogter kuier.

“Santjie,” vra hy uit die kamer, “weet daardie mannetjie nie hoe om goeienag te sê nie?”

“Ja, en hóé!” roep sy terug.

– M.J. BARTLETT, VREDE

BIBBERWEER

V: Wat maak ’n Skot wanneer hy koud kry?

A: Hy sit nader aan die vuur.

V: En wat maak hy as hy regtig koud kry?

A: Dan steek hy die vuur aan.

– M.J. BARTLETT, VREDE

BLESKOP

’n Taamlike bles Faans gaan haarkapper toe en wil weet hoeveel ’n haarsny hom sal kos.

Hy’s hoogs ontsteld toe hy hoor die haarkapper vra R90 daarvoor. “Maar ek is dan amper heeltemal bles!” roep hy verontwaardig uit.

“Om eerlik te wees,” sê die haarkapper, “die sny self kos net R40. Die ander R50 is vir die soektog na die hare wat jy gesny wil hê.”

– LITA SCHOON

ONWELKOME BESOEKER

Ek is gister by die akwarium uitgejaag. Die ergste van alles is hulle wou nie my visstok teruggee nie.

– DENISE, PRETORIA

PLUIMPIE

Piet: “Het jy gesien hoe mev. Hoogenboezem blom toe ek sê sy lyk nie ’n dag ouer as haar dogter nie?”

Koos: “Nee, ek het nie gesien nie; ek was te besig om na die uitdrukking op haar dogter se gesig te kyk.”

– KASOEPIE 

TEGNOSLAAF

Pasiënt: “Dokter, my kleptomanie is steeds buite beheer. En deesdae steel ek al wat ’n slimfoon of ’n skootrekenaar is.”

Dokter: “Gaan net voort en neem die tablette.”

– LIZA

TIPIES TIENER

V: Wat is die definisie van ’n tiener?A: Iemand wat alles weet, behalwe hoe om eksamen te skryf.

– HELENA, KEMPTON PARK

DUUR STORIE

Seun: “Pa, hoeveel kos dit om te trou?”Pa: “Ek weet nie, my seun,” antwoord die pa. “Ek het nog nie klaar betaal nie.”

– KEVIN TLHAGENG

TRAE WERKER

Die voorman sê: “Ag nee man, Klaas! Jy werk stadig, jy eet stadig, jy loop stadig. Is daar enig­iets wat jy vinnig doen?”“Ja,” sê Klaas, “ek word baie vinnig moeg.” 

– HESTER, NAMIBIË

BESTE MAAT

V: Hoekom hou party mans meer van honde as van vroue? 

A: Want honde kom nie agter as jy hulle per ongeluk op ’n ander hond se naam noem nie.

– WOLLIE, PRETORIA

Stuur gerus oorspronklike grappies
  • Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.
  • Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bank­besonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).