PA SE KIND

V: Hoe weet ons Harry en Meghan se baba gaan ’n rooikop wees?

A: Want hy Archie na sy vaartjie!

–  F.H. Horne, Hartenbos

MOEILIKE SOM

Koos en sy blonde vrou kom op ’n tas af waarin R1 000 kontant is.

“Wat gaan ons met die geld doen?” vra sy.

“Kom ons deel dit 50-50!” sê hy.

Sy kyk hom fronsend aan en vra: “En wat word dan van die ander R900?”

–  Igmanuel Bence

EKSAMENVRAAG

V: Tydens watter geveg het Piet Retief gesterf?

A: Sy laaste een.

–  L. Saayman, Sabie

LANGTAND 

As jy olyfolie by jou spinasie inmeng, is dit makliker om dit van die bord af in die asblik te krap.

–  Leon Kruger

LANG DROOGTE

Boer: “Dit is nou so droog hier op die plaas, daar is paddas van vyf jaar oud wat nog nie kan swem nie.”

– Leon Kruger

TIERMELK

Die ou boer kom te sterwe en sy weduwee is baie depressief. Haar seun probeer alles om haar op te beur, maar niks werk nie. Die dokter raai hom aan om elke aand vir sy ma ’n sopie brandewyn te gee om haar beter te laat slaap.

Die seun weet sy ma sal nie haar lippe aan drank sit nie, en die dokter stel voor hy gooi die brandewyn in ’n glas melk. Die tante voel gou beter en kan saans nie wag om haar melk te drink nie. Op ’n dag stel die seun voor hulle verkoop die plaas.

Waarop sy ma sê: “Seun, wat jy ook al doen, moet net nie daardie koei verkoop nie!”

– Louise Noeth

JALOERS

“Waarom huil jy?” vra die oom ’n betraande seuntjie.

“Omdat my boetie vakansie het en ek nie,” snik die outjie.

“Nou hoekom het jy dan nie vakansie nie?” vra die oom simpatiek.

“Want ek gaan nog nie skool nie!” sê die seuntjie.

– Denise, Pretoria

VIR DIE KLEINSPAN

V: Wat sê die pen vir die potlood?

A: Wat is jou punt?

– Johanna Rademeyer, Brakpan

ONPAAR PAAR

’n Kollega daag eendag by die werk op met ’n paar skoene wat identies is, maar een is swart en die ander bruin.

Ek wys hom daarop. Hy glimlag en sê: “Ongewoon, nè? Glo dit of nie, ek het nog so ’n paar by die huis!” 

– Denise, Pretoria

SKADEVERGOEDING

’n Motoris ry deur die Vrystaat en ry ’n kalf dood wat oor die pad loop. Hy draai by die naaste plaashek in en verduidelik aan die boer wat gebeur het. Die motoris wil graag vir die skade vergoed en vra wat die dier werd was.

“Vandag is die dier so R2 000 werd,” antwoord die boer.

“Maar oor ses jaar sou hy as ’n volwasse bul maklik R7 000 werd gewees het; daarom is my skade R7 000.

”Die motoris haal sy tjekboek uit en skryf ’n tjek uit. 

“Hier is vir jou ’n tjek vir R7 000,” sê hy vir die boer.

“Ek het dit ses jaar vooruitgedateer.”

–  Louise Noeth

SLEGTE RAPPORT

Die ouers is baie teleurgesteld oor Willie se eksamenuitslae.

“Die enigste ligpunt wat ek sien,” sê Willie se pa, “is dat dit duidelik is hy het nie in die eksamen gekul nie.”

–  Louise Noeth

Stuur gerus oorspronklike grappies
  • Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.
  • Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer)