NES PA

Toe Jannie universiteit toe gaan, kry hy plek in dieselfde koshuis waar sy pa 30 jaar tevore in sy studentedae gebly het. Op ’n dag kom sy pa vir hom kuier. “Dieselfde ou koshuis,” sê pa Jan met trane in sy oë toe hy daar instap. Hy loop met die trap op.

“Dieselfde ou koffiekamer,” sug hy. Toe stoot hy die kamerdeur oop.

“Dieselfde ou kamer . . . dieselfde ou lessenaar . . .”

Hy stap na die hangkas en maak dit oop. Daar staan ’n verskrikte meisie.

“Sy . . . s-s-y het net ’n boek kom leen, pa,” stamel sy seun benoud.

“Dieselfde ou verskoning . . .” sê sy pa.

– Leon Kruger

DAAI GLAS

Terwyl die optimis die glas as halfvol beskou en die pessimis reken dis halfleeg, het mense in verskillende beroepe ’n heel ander uitkyk daarop:

  • Die bankier meen die glas het net onder 50% van sy bates.
  • Die ekonoom sê die glas is 25% voller as dieselfde tyd verlede jaar.
  • Die politikus in die regerende party sê die glas is voller as wat dit sou gewees het as die opposisie aan die bewind was.
  • Die filosoof vra: “As die glas in ’n woud was en niemand was daar om dit te sien nie, was die volheid of leegheid daarvan dan ’n werklikheid?”
  • Die sielkundige vra: “Wat het jou ma oor die glas gesê?”
  • Die fisikus meen die volume van die glas is in twee gelyke dele verdeel, en die een deel is met vloeistof gevul en die ander met gas; daarom is die glas nie vol óf leeg nie. 
  • Die drinker sê daar is nie genoeg ys in die glas nie.

–  Louise Noeth

NOOIT GEHOOR

Dinge wat jy nooit ’n vrou sal hoor sê nie: 

SHoe bedoel jy vandag is ons huweliksherdenking?

SKan ons nie vanaand ’n slag televisie kyk en glad nie met mekaar praat nie?

SDié ring se diamant is darem te groot. 

SMoenie stilhou en rigting vra nie. Ons sal wel sien hoe om daar uit te kom.

– Kevin, Postmasburg

MIN GEPLA

My ouderdom pla my nie. Dis die newe-effekte wat pla.

– L. Saayman, Sabie

ERFPORSIE

Die multimiljoenêr gee sy prokureur opdrag om in sy testament al sy bates aan sy vrou te bemaak. 

Daar is wel een voorwaarde, en dis dat sy binne ses maande ná sy dood weer moet trou.

“Dis ’n vreemde voorwaarde,” meen die prokureur. 

“Tog nie,” antwoord die ryk man.

“Ek wil net doodseker maak daar sal darem minstens een mens wees wat spyt sal wees oor my dood.”

– Louise Noeth

FLIEKVLOOIE

Vrou: “Vandag is ’n vakansiedag, en ek wil dit regtig geniet; daarom het ek drie fliekkaar­tjies gekoop.”

Man: “Waarom dan drie?”

Vrou: “Vir jou en jou ouers.”

– Janette D, Roodepoort

NAGTELIKE BESOEKER

Die blondine word gedurende die nag wakker van ’n gevroetel in die huis.

Sy staan op, loop deur die huis, en in die sitkamer kom sy op ’n inbreker af wat met ’n flitslig oral rondsoek. 

“Waarna soek jy?” vra sy.

“Ek soek geld,” antwoord die inbreker.

“Wag net ’n bietjie,” sê sy. “Ek gaan gou ’n flits haal, dan help ek jou soek.” 

– Lita Schoon

EISJ!

V: Wat is die verskil tussen Ace en ys?

A: Die een kan in warm water oorleef.

– E. Moelich

NUWE KIESER

V: Wat noem ’n mens ’n baba wat op stemdag gebore is?

A: Wouter.

– L. Saayman, Sabie

NES SKOONMA

’n Motor is soos ’n skoonma. As jy dit toelaat, sal dit jou hele lewe beheer.

– Denise, Pretoria

KARAKTERTOETS

Voor jy met iemand trou, laat hulle eers ’n rekenaar met stadige internet gebruik. Dan sal jy weet wie hulle regtig is.

– Leon Kruger

WARE JAKOB

Fred moet sy rybewys gaan hernu en hy moet ure lank in ’n lang tou sit en wag. Toe daar eindelik ’n foto van hom geneem word, lyk hy soos ’n regte suurknol. Toe hy dit sien, sê hy vir die klerk: “As ek nie so lank moes gewag het nie, sou ek nie so nors op die foto gelyk het nie.”

“Dit maak nie saak nie,” antwoord die klerk.

“Jy sal in elk geval so lyk wanneer die verkeers­polisie jou aftrek.”

– Louise Noeth

Stuur gerus oorspronklike grappies
  • Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.
  • Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).