DROOMMAN

Die ideale man rook nie, drink nie, flankeer nie, snork nie . . . en bestaan nie.

– Denise, Pretoria

EKSAMENFLATER 

V: Wat is ’n terminale siekte?

A: Dis wanneer jy op die lughawe siek word.

– Wollie, Pretoria

KONINGSKOS

My vrou is ’n avontuurlustige kok. “Hoe klink dit?” roep sy uit die kombuis en begin lees: “Bonito en ansjovis in ’n dekadente roomsous’. ” 

“Heerlik!” roep ek terug. “Is dit ons aandete?”

“Nee, ek lees dit op die blikkie katkos.”

– Hester, Namibië

LAG-LAG

“Ek en my vriend lag altyd oor hoe mede­dingend ons is, maar ek lag die meeste.”

– Arend Kirkman, Alberton

VREEMDE BESTEMMING

Francina: “Ek en my kêrel was verlede week met vakansie in die Maldive.”

Karlien: “O, waar is dit?”

Francina: “Ek weet nie. Ons het gevlieg.”

– Kasoepie

GOEIE LES

Die Sondagskooljuffrou sê vir haar klas: “Voltooi die volgende sin: ‘Doen aan ander . . .’

En Kosie skryf: “En maak dat jy wegkom.”

– F.H. Horne, Hartenbos

OPVREETBAAR

’n Kannibaalgesin is met vakansie by die see toe ’n pragtige meisie by hulle verbystap.

“Sal ons haar eet?” vra die seun.

“Nee,’’ sê sy pa, “kom ons neem haar huis toe en eet jou ma.”

– Helena, Kempton park

KLETSKONINGIN

Piet: “Kyk jy na kletsprogramme?”

Jan: “Nee, ek is met een getroud.”

– L. Saayman, Sabie

ONGEVRAAGD

Op ’n grafsteen: Ek het hier gekom sonder konsultasie en sonder my toestemming vertrek.

– Leon Kruger

Stuur gerus oorspronklike grappies
  • Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.
  • Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer)