DESPERATE BLONDINE

’n Blondine is so arm dat sy besluit om ’n kind te ontvoer en ’n losprys te vra.

Sy gaan na ’n speelparkie, gryp die naaste kind, gaan skuil agter ’n bos en sê vir die kind: “Ek ontvoer jou vir ’n losprys.”

Op ’n stukkie papier skryf sy: “Liewe ouers, ek het jul kind ontvoer en soek ’n losprys van R10 000. Los die geld môreoggend voor tienuur in ’n swartsak naby die asdrom van die speelparkie.”

Sy onderteken dit net as “ ’n Blondine”.

Toe steek sy die briefie aan die kind se hemp vas en stuur hom huis toe.

Die volgende oggend sien sy daar lê ’n swartsak reg langs die asdrom. Toe sy dit oopmaak, sien sy dis vol geld met ’n briefie bo-op.

Daarop staan: “Skaam jou! Hoe kan jy dit aan ’n medeblondine doen?”

– Marcha

PADVINDER

Ek het moeg geword vir die vrouestem van my GPS wat altyd aankondig: “Bestemming bereik.”

Toe verander ek dit na ’n manstem.

Nou sê die stem: “Die plek waarna jy soek, is hier iewers. Ry net nog ’n bietjie verder; jy sal dit wel kry!”

– Leigh, Johannesburg

TIK-TAK

Dowwe Dolla: ”Watter soort horlosie is dit dié?”

Winkelier: “Dis ’n staanhorlosie.”

Dowwe Dolla: “Ag nee, ek soek een wat loop!”

– San Marchand

KARAKTERTOETS

Voor jy met iemand trou, laat hulle eers ’n rekenaar met stadige internet gebruik. Dan sal jy weet wie hulle regtig is.

– Leon Kruger

SKOERT!

Vrou aan haar man: “Partykeer het ek iets nodig wat net jy kan voorsien – jou afwesigheid.”

– Wollie, Pretoria

MAKLIKER GESÊ . . .

Onderwyser: “Ek het vir jou gesê om agter in die ry te gaan staan!”

Jannie: ”Ek het probeer, maar daar was klaar iemand.”

– Lita Schoon

GLADDE MOND

V: Wat is die definisie van ’n politikus?

A: Iemand wat voor ’n verkiesing beloof en ná ’n verkiesing verduidelik.

– E. Moelich 

LANG TRANE

Ek het by ’n vriend gaan kuier wat ’n vegetariër is. Toe ek by sy huis kom, staan hy en huil terwyl hy ’n ui opkap.

Hierdie ouens voer dinge darem nou ’n bietjie ver . . . 

– Leon Kruger

LAGGENDE HIËNA

My naam is Ina, en elke keer dat ek ’n bekende raakloop en hulle my groet met: “Haai, Ina!” wil ek my slap lag . . .

– Lita Schoon

GETUIGSKRIF

Toe Piet Petoors afgedank word, gaan spreek hy die hoof van menslike hulpbronne.

“Omdat ek so lank hier werk, is ek geregtig op ’n aanbevelingsbrief,” sê Piet, en die hoof stem in.

Die volgende dag lê die brief op sy lessenaar.

Dit lui: “Piet het 11 jaar by ons gewerk. Toe hy weg is, was almal tevrede.”

– Louise Noeth

RAAI-RAAI

V: Daar is drie in die kantoor, maar net een werk. Wat is dit?

A: Twee staatsamptenare en ’n aangeskakelde lugreëlaar. 

– Wollie, Pretoria

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.