AMPER EENDERS

V: Wat is die verskil tussen ’n vrou en ’n selfoon?

A: Jy kan ’n selfoon se klank afskakel.

– Lita Schoon

KROEGVLIEË

’n Sakeman, ’n bouwerker en ’n dronkie sit in die kroeg. Elkeen bestel ’n bier. Toe dit voor hulle neergesit word, sien hulle tot hul ontsteltenis ’n vlieg dryf in elke glas. Wat doen hulle toe?

Die sakeman roep die kroegman nader, verduidelik die probleem en vra nog ’n bier. Die bouwerker is haastig om sy bier weg te slaan.

Hy gooi genoeg daarvan uit om van die vlieg ontslae te raak en sluk die res af. Die dronkie het ’n beter plan.

Hy steek sy hand in die bier, gryp die vlieg aan sy vlerke en skree: “Spoeg dit uit! Spoeg dit uit!”

– Arend Kirkman, Alberton

HOU VERBY

Vakansieganger: “Wat is jul weektarief?”

Ontvangsdame by die hotel: “Ek weet nie. Niemand het al ooit ’n week lank hier ver- toef nie.”

– Helena, Kempton park

ONGENOOIDE GASTE

V: Wie kom altyd na ’n piekniek toe, maar word nooit genooi nie?

A: Miere.

– Johanna Rademeyer, Brakpan

KLAKOUSE

Ek raak nou ’n bietjie moeg vir mense se gekla en kerm.

Ek meen, is R15 vir koffie nou regtig so erg?

Of R25 vir ’n stukkie koek, R10 vir parkering of R2 om die toilet te gebruik?

Al die klagtes sal maak dat ek nooit weer mense na my huis toe nooi nie . . .

– Igmanuel Bence

BOER SOEK ’N WERK

Ek is op soek na plaaswerk. Ek is ’n ervare boer met ondervinding van:

  • Die verkeerde perd opsaal.
  • Te veel hooi op die vurk laai.
  • ’n Eiertjie bylê. SJongosse inspan. SOu koeie uit die sloot grawe.
  • Met die hele sak patats vorendag kom.
  • Deur die wingerd loop.
  • Wrange vrugte pluk.
  • Twak verkoop.
  • Appels swaai.
  • Wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
  • Ploeg met anderman se kalwers.
  • Saam met die hoenders gaan slaap.
  • Die bul by die horings pak. SVir wolf skaapwagter maak.

– L. Saayman, Sabie

SONDEBOK

Ek dog eers dis die tuimeldroër wat my klere laat krimp, maar nou het ek ontdek dis alles die yskas se skuld . . .

– Leon Kruger

GEVAARTEKEN

Wanneer ’n weermag mobiliseer, is dit nog nie ’n oorlog nie – byna soos ’n verlowing nog nie ’n huwelik is nie.

– Anton van Rensburg

ONWILLIGE KOPER

’n Verkoopsman probeer ’n fiets aan ’n boer verkoop, maar die boer stel nie belang nie.

“Nee wat, ek koop liewer ’n koei,” sê die boer.

“Aha,” antwoord die gladdemondverkoopsman, “maar dink net hoe snaaks sal dit lyk as jy op ’n koei rondry.”

“Kan wees,” sê die boer, “maar dink net hoe snaaks dit sal lyk as ek ’n fiets probeer melk.”

– Louise Noeth

Stuur gerus oorspronklike grappies
  • Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.
  • Skryf aan Huisgenotjies,  Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).