DOL DEFINISIE

V: Wat is ’n goeie buurman? 

A: Iemand wat sy gras laat groei tot dit net so hoog soos joune staan.

  • Wollie, Pretoria

Groot verskil

V: Wat is die verskil tussen sykouse en kinders?

A: Sykouse leer.

  • Liela, Paarl 

KLEIN AGIE


Kosie en sy ma kuier by ’n vriendin van haar.


“Kan ek asseblief tannie se geweer sien?” vra Kosie ná ’n rukkie.

“Maar my liewe kind, ek het nie ’n geweer nie,” sê die gasvrou verbaas. 

“Dis snaaks,” sê Kosie, “want mamma sê ­altyd tannie is ’n regte mannejagter.”

  • Arend Kirkman, Alberton

HONDELEWE 

’n Man wat te lief is vir die bottel kom aand ná aand besope by die huis. Elke aand dreig sy vrou hom met ’n koekroller en jaag hom uit die huis. Dan gaan slaap hy maar by sy hond.

Later kan hy dit nie meer uithou nie en kla by sy kroegvriende oor die “mishandeling”. Hulle raai hom aan om ’n slag ná werk reguit huis toe te gaan sonder om iets te drink.

Hy doen dit. Tot sy verbasing is sy vrou baie vriendelik en maak sy gunstelingaandete. Hulle gesels lekker en hy gaan slaap saam met haar in ’n heerlike skoon bed.

Die volgende dag is hy so opgewonde oor die goeie ontvangs dat hy ná werk dadelik afsit kroeg toe om sy vriende te gaan vertel.

Ongelukkig vier die manne dit toe te deeglik en kom hy meer beskonke as ooit by die huis aan.

Sy vrou jaag hom weer uit en hy gaan kruip by die hond in, maar dié knor en hap na hom. 

“Wat makeer jou? Waarom wil jy my byt?” wil hy weet.

Die hond knor nog ’n slag en vra: “En waar was jy gisteraand?”

  • Leon Kruger

HERONTMOETING 

Twee ou vriende loop mekaar ná jare weer raak.

Dirk: “En wat doen jy deesdae?”

Gert: “Ph.D.”

Dirk: “O, is jy besig met jou doktorsgraad?”

Gert: “Nee, Pizza Home Delivery.” 

  • Lita Schoon

MOLLIGE BUKSIE

“Ek is bekommerd oor my lengte,” sê Marie vir die instrukteur by die gim.

“Nie oor die gewig nie?” vra hy.

“Nee, my lengte is verkeerd,” hou sy vol. “Volgens die kaart moet iemand van my gewig 2,2 m lank wees.”

  • F.H. Horne, Hartenbos

GOEIE LEIDRAAD

Die slagoffer van ’n tref-en-trap kom wankelrig op sy voete toe ’n polisieman op die toneel verskyn.

“My skoonma het my nou net probeer omry,” vertel die geskokte man.

“Maar die motor het jou dan van agter getref,” sê die polisieman. “Hoe kan jy weet dit was jou skoonma?”

“Want ek het haar lag herken.” 

  • Louise Noeth

NOODOPERASIE

Snydokter: “Meneer, ons sal jou ongelukkig weer moet oopsny. Ek het per ongeluk ’n paar rubberhandskoene in jou vergeet.”

Pasiënt: “Hoekom al die moeite doen? Hier is vir jou R10. Gaan koop vir jou nuwes.”

  • Kasoepie

STRENG OUERS 

Die dokter vra vir die bejaarde pasiënt:

“Neem jy gereeld aan sport deel?” 

“Nee,” antwoord hy. “My ouers laat dit nie toe nie.”

“Jou ouers?” vra die dokter verbaas.

“Ja, Moeder Natuur en Vader Tyd.”

  • Helena

GRAFBESOEK

Koos gaan na die begraafplaas om ’n bos blomme op sy oorlede vrou se graf te sit. Daar loop hy ’n Chinese man raak. Koos is baie verbaas toe hy sien die man sit ’n bakkie rys op sy vrou se graf neer.

“Nou wanneer dink jy gaan jou vrou daai bakkie rys kom eet?” vra Koos.

“Wanneer joune aan daai blomme kom ruik,” antwoord die man.

  • Vossie, Pretoria

MET PLESIER

Kallie: “Mike, hoekom lyk jy so opgewek?” 

Mike: “Ek kom nou net van ’n plesierrit terug – ek het my skoonma lughawe toe geneem.” 

  • Wollie, Pretoria

VIR DIE KLEINSPAN

Wat noem jy ’n koei op ’n trampolien? 

’n Melkskommel.

  • Rievkah Boardman

NIKS WERD

“Hoekom lyk jy so bekaf?” vra Koos sy ekonoomvriend, Jan.

“Ag, ek voel vandag so minderwaardig soos ’n Zim-dollar.’’

  • L. Saayman, Sabie

EKONOMIESE STYL

“Moet ’n ou soos ek wat min hare het die volle tarief vir ’n haarsny betaal?” vra Willem die haarkapper.

“Ja, en eintlik nog ’n bietjie meer,” sê die haarkapper, “want dit vat tyd om die hare te soek.”

  • F.H. Horne, Hartenbos

LANG PAD

Onderwyser: “Hoekom is jy laat?”

Leerder: “Iemand het vir my gesê om hel toe te gaan.”

Onderwyser: “Wat het dit met jou laatkommery te make?”

Leerder: “Ek kon eers nie die hel kry nie, maar nou is ek eindelik hier.”

  • Lita Schoon

GRYSE WYSHEID

Die slegste ding van oud word is dat mense vir jou lag omdat jy vergeetagtig word en dieselfde storie herhaal. 

En die beste ding? Dat jy nie ’n flenter omgee nie.

  • Joe Deetlefs

VERKOUEKUUR

Vrou: “Hoekom sit jy heeldag met ’n brandewyn?”

Man: “Dit help vir die verkoue.”

Vrou: “Maar jy het dan nie ’n verkoue nie.”

Man: “Nou sien jy, dit werk.”

  • Simoné Bridges

BESTE OUSUS

’n Klein meisietjie spog by haar maatjie: “Ek weet my ouer sussie is baie lief vir my, want sy gee al haar ou klere vir my en dan moet sy spesiaal uitgaan om vir haar nuwes te koop.”

  • Denise, Pretoria

WENRESEP

Party mense vra wat die geheim van ons lang huwelik is. Ons ruim tyd in om twee keer per week na ’n restaurant te gaan. Daar’s sagte kerslig, ’n smaaklike aandete, ligte musiek en ’n dansbaan. Sy gaan Dinsdae en ek Vrydae. 

  • Wollie, Pretoria

GOEIE VRAAG

As Aspoestertjie se skoen so perfek gepas het, hoekom het dit dan uitgeval toe sy weghardloop? 

  • Denise, Pretoria

GROOT RISIKO

’n Vrou van 80 wil ’n geldjie belê, en die finansiële konsultant verduidelik vir haar wat die voordele is as sy die geld vir vyf jaar vas belê.

“My liewe mens,” sê die tante, “op my ouderdom koop ek nie eens groen piesangs nie.”

  • Kasoepie

VREEMDE RITUEEL

’n Klein seuntjie kyk hoe sy ma reinigings­middel aan haar gesig aanwend.

“Hoekom smeer mamma daardie goed aan?” wil hy weet.

“Om my mooier te maak,” antwoord sy ma. Dan begin sy weer die reiniger met ’n sneesdoekie afvee.

“En nou?” vra die seuntjie, “gooi mamma dan tou op?”

  • Louise Noeth
Kontak ons

Stuur gerus oorspronklike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik.

Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bank­besonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).