Dis maklik om te dink die wêreld is net vol wanhoop, moord en chaos. Tog is daar baie om voor dankbaar te wees.

Dis die boodskap van ’n boeiende nuwe boek. Wyle Hans Rosling, ’n Sweedse akademikus, het die boek Factfulness geskryf.

In 2012 het die nuustydskrif Time hom aangewys as een van die wêreld se invloedrykste mense. Hy is in 2017 aan pankreaskanker dood, voor Factfulness klaar was, maar sy seun Osla en skoondogter Anna het toegesien dat dit wel gepubliseer word.

Die boek bevat ’n vraelys oor die stand van die wêreld. Kyk hoe jy vaar en kyk dan na die antwoorde met Hans se fassinerende verklarings daarby.

Foto: Gallo Images/Getty Images

1. Hoeveel meisies in alle lae-inkomstelande wêreldwyd voltooi deesdae laerskool?

A: 20%

B: 40%

C: 60%


Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Waar woon die meeste van die wêreldbevolking?

A: Lae-inkomstelande

B: Middel-inkomstelande

C: Hoë-inkomstelande

Foto: Gallo Images/Getty Images


3. In die afgelope 20 jaar het die verhouding van die wêreldbevolking wat in uiterste armoede leef...

A: Amper verdubbel

B: Dieselfde gebly

C: Amper gehalveer

Foto: Gallo Images/Getty Images


4. Wat is vandag mense se gemiddelde lewensverwagting?

A: 50 jaar

B: 60 jaar

C: 70 jaar


Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Daar is vandag 2 miljard kinders van 0-15 jaar. Hoeveel kinders sal daar volgens die Verenigde Nasies (VN) in die jaar 2100 wees?

A: 4 miljard

B: 3 miljard

C: 2 miljard


Foto: Gallo Images/Getty Images


6. Die VN voorspel teen 2100 sal die wêreld se bevolking met nog 4 miljard mense toeneem. Wat is die hoofrede?

A: Daar sal meer kinders (onder 15) wees

B: Daar sal meer volwassenes (15-74) wees

C: Daar sal meer bejaardes (bo 75) wees


Foto: Gallo Images/Getty Images

7. Hoe het die getal sterftes per jaar aan natuurrampe in die afgelope 100 jaar verander?

A: Meer as verdubbel

B: Min of meer dieselfde gebly

C: Tot minder as die helfte afgeneem

Foto: Gallo Images/Getty Images


8. Daar is vandag sowat 7 miljard mense in die wêreld.
Watter kaart wys die beste waar hulle woon? (Elke figuur verteenwoordig ’n miljard mense.)


Foto: Gallo Images/Getty Images


9. Hoeveel van die wêreld se eenjarige kinders is teen die een of ander siekte ingeënt?

A: 20%

B: 50%

C: 80%


Foto: Gallo Images/Getty Images

10. Wêreldwyd het 30-jarige mans gemiddeld 10 jaar op skool deurgebring. Hoeveel jaar het vroue van dieselfde ouderdom op skool deurgebring?

A: 9 jaar

B: 6 jaar

C: 3 jaar 11 In 1996 is tiers, reusepandas en swartrenosters almal as bedreig gelys. Hoeveel van die drie spesies word nou meer krities bedreig?

Foto: Gallo Images/Getty Images


11. In 1996 is tierS, reusepandas en swartrenosters almal as bedreig gelys. Hoeveel van die drie spesies word nou meer krities bedreig?

A: Twee 

B: Een 

C: Nie een nie



Foto: Gallo Images/Getty Images


12. Hoeveel mense in die wêreld het toegang tot elektrisiteit?

A: 20%

B: 50%

C: 80%


Foto: Gallo Images/Getty Images

13. Kenners oor aardverhitting meen die gemiddelde temperatuur sal oor die volgende 100 jaar...

A: Warmer raak

B: Dieselfde bly

C: Kouer raak

HIER IS DIE REGTE ANTWOORDE

1: C, 2: B, 3: C, 4: C, 5: C, 6: B, 7: C, 8: A, 9: C, 10: A, 11: C, 12: C, 13: A
Tel een vir elke regte antwoord en skryf jou totaal neer.

’n Uittreksel uit factfulness: Ten Reasons We’re Wrong About the World – and Why Things Are Better Than You Think, deur Hans Rosling (Hodder & Stoughton, R295*). teen dié prys Verkrygbaar by takealot.com.

Wat Hans sê?

Hoe het jy gevaar? Waarskynlik het baie antwoorde jou aangenaam verras!

Ja, armoede bestaan steeds en slegte goed gebeur, maar eintlik maak ons wonderlike vordering op soveel gebiede.

Ongelukkig is dit so dat slegte nuus baie meer aftrek as goeie nuus kry, wat ’n mens laat dink die wê­reld raak ál goorder. 

As jy sleg gevaar het in die toets, is jy dus in goeie geselskap; die meeste mense kry minder as 16%, oftewel drie antwoorde, reg.

Vraag 1

Gemiddeld kies net 7% die regte antwoord. In net ’n paar lande – soos Afganistan en Suid-Soedan – voltooi minder as ’n vyfde van meisies laerskool; hoogstens 2% van die wêreld se meisies woon in sulke lande.

Vraag 2

Die meeste mense woon in middel-inkomste­lande; trouens driekwart van die mensdom. 

Tel ’n mens middel- en hoë-inkomstelande saam, is sowat 90% van mense by die wêreldmark geïntegreer en leef hulle taamlik goed.

Dis belangrik dat ondernemings wêreldwyd dit in gedagte hou: Daar is 5 miljard poten­siële klante wat hul lewe verbeter en sjampoe, motorfietse, sanitêre doekies en slimfone kan koop. ’n Mens kan hulle maklik miskyk as jy hulle as “arm” beskou. 

Vraag 3

In die afgelope 20 jaar het die verhouding van die wêreldbevolking wat in uiterste armoede leef met die helfte verminder. Dis absoluut revolusionêr. Ek beskou dit as die belangrikste wending in ons leeftyd.

Dit is ook ’n taamlik basiese feit om oor die lewe op aarde te weet. Maar mense weet dit nie. Gemiddeld antwoord net 7% – minder as een uit 10! – hierdie vraag reg. 

Vraag 4

Hoe beter jy opgevoed is, hoe minder ingelig is jy blykbaar oor dié vraag!

Onder ons hoogs opgevoede gehore was die gewildste antwoord 60.

Dit sou reg gewees het as ons die vraag in 1973 gevra het (die jaar toe 200 000 mense in Ethiopië weens honger omgekom het).

Maar ons het dit in hierdie dekade gevra, meer as 40 jaar van vooruitgang later. Mense leef nou gemiddeld 10 jaar langer.

Vraag 5

Net 9% van ’n groep onderwysers in Noorweë het reg geantwoord. Hoe kon so ’n belangrike groep mense so swak vaar? 

Ons het dieselfde swak uitslae in ons openbare opnames gekry. In Amerika, Brittanje, Swede, Duitsland, Frankryk en Australië was 85% van die antwoorde verkeerd. 

Vraag 6

In 2030 sal daar 2 miljard “nuwe mense” tussen 0 en 15 jaar oud wees. Al die ander sal ouer wees. Die 0- tot 15-jariges van vandag sal 15 tot 30-jariges wees.

Die 15- tot 30-ja­riges van vandag sal verouder tot 2 miljard 30- tot 45-jariges. Daar is vandag net 1 miljard 30 tot 45-jariges.

Dus: Sonder enige toename in die getal geboortes en sonder dat mense langer leef, sal daar 1 miljard meer volwassenes wees. Die 1 miljard nuwe volwassenes kom nie van nuwe kinders nie, maar van kinders en jong volwassenes wat reeds gebore is. 

Vraag 7

Net 10% van mense kies die regte antwoord. Trouens, die getal sterftes weens natuurrampe het met meer as die helfte afgeneem. 

Dit is nou net ’n kwart van wat dit 100 jaar gelede was. Terselfdertyd het die aarde se bevolking met 5 miljard mense toegeneem; daarom is die afname in sterftes per kapita nog merkwaardiger.

Dit het afgeneem tot net 6% van wat dit 100 jaar gelede was. 
Natuurrampe eis deesdae soveel minder lewens nie omdat die natuur verander het nie, maar omdat die meeste mense nie meer in uiterste armoede leef nie. Meer geld maak beter voorsorg moontlik. 

Vraag 8

Sowat 70% van mense kies die verkeerde kaarte, wat 1 miljard mense op die verkeerde vasteland wys. Sowat 70% van mense weet nie die meeste mense woon in Asië nie. 

Die regte kaart is A. Die wêreld se PIN is 1-1-1-4. Dis hoe jy die kaart onthou. Van links na regs met die syfer in miljoene as ’n PIN. Amerikas: 1, Europa: 1, Afrika: 1, Asië: 4. (Ek het die syfers afgerond.) 

Die VN verwag amper geen verandering in die Amerikas en Europa teen 2100 nie, maar nog 3 miljard mense in Afrika en nog 1 miljard in Asië. Teen 2100 sal die nuwe PIN 1-1-4-5 wees.

Meer as 80% van die wêreld se bevolking sal in Afrika en Asië woon. 

Vraag 9

Deesdae word amper alle kinders ingeënt. Dit is wonderlik en beteken amper die helfte van alle mense wat vandag leef, het die een of ander toegang tot basiese, moderne gesondheidsorg.

Maar die meeste mense weet dit nie. Net gemiddeld 13% beantwoord dié vraag reg. 

Vraag 10

Ek hoop jy het nou al geraai dis die veiligste om die positiefste antwoord te kies. Dertigjarige vroue was gemiddeld nege jaar op skool, net een jaar minder as mans.

Vraag 11

Mense plunder natuurlike hulpbronne oral op aarde. Natuurlike habitatte word vernietig en baie diere tot uitsterwing gejag.

Dit is duidelik. Maar aktiviste wat kwesbare diere en hul habitat probeer beskerm, is geneig om dieselfde fout te begaan: Hulle probeer desperaat om mense te laat omgee, maar vergeet van die vordering. 

’n Ernstige probleem vereis ’n betroubare data­basis. Ek beveel sterk aan jy besoek die Wêreldnatuurfonds se rooilys, waar ’n mens toegang kan kry tot die status van alle bedreigde spesies in die wêreld.

Dit word by­gewerk deur ’n wêreldwye gemeenskap van gesiene navorsers, wat die bevolking in die natuur van verskillende diere naspoor en saamwerk om die tendens te monitor. 

Raai wat? As ek vandag na die rooilys kyk, sien ek afnames in party plaaslike bevolkings en subspesies van tiers, reusepandas en swartrenosters. Maar in die afgelope jare het hul bevolkings in die geheel wêreldwyd toegeneem. 

Vraag 12

Elektrisiteit is ’n basiese behoefte en verreweg die meeste mense in alle inkomste­groepe het dit reeds. Tog gee net een uit vier mense die regte antwoord. 

Die regte antwoord is die positiefste, soos gewoonlik: 80% van mense het ’n mate van toegang tot elektrisiteit. Dit is onstabiel, maar die wêreld vorder.

Vraag 13

Ek is seker jy het dié vraag reg beantwoord: Die meeste mense weet baie goed watter drastiese verandering die klimaatkenners voorspel.

Jy het reg geantwoord omdat die antwoord negatief is – wat net die punt bewys! 

  • Die prys was korrek met druktyd en is onderworpe aan verandering sonder voorafkennisgewing.