Jy moet ’n profiel hê om die verskillende pakkette op die webblad huisgenootraaisels.co.za aan te koop, maar jy registreer en skep jou profiel wanneer jy jou eerste raaiselbondel koop. 

Dit beteken jy kies eers die bondels wat jy graag wil koop, daarna skep jy ’n profiel met ’n gebruikersnaam en wagwoord en dan gaan jy voort om vir jou raaiselpakket te betaal. 


Volg hierdie stappe as jy onseker is:

Stap 1

Kies die pakkette wat jy graag wil aanskaf en klik op “Voeg by mandjie”.

Jy kan verskillende pakkette kies. Foto: Skermgree
Jy kan verskillende pakkette kies. Foto: Skermgreep

Stap 2

Sodra jy met jou keuses tevrede is, klik op “Gaan voort na betaling”. 

Klik op “Gaan voort na betaling” as jy tevrede is
Klik op “Gaan voort na betaling” as jy tevrede is met jou bondels.

Stap 3

Hier sal jy jou besonderhede kan invul om te registreer en ’n rekening met ’n wagwoord te skep.

Vul jou besonderhede in en skep 'n profiel met 'n
Vul jou besonderhede in en skep 'n profiel met 'n gebruikersnaam en wagwoord. Foto: Skermgreep

Stap 4

Kies ’n betaalopsie en vul die nodige besonderhede in. 

Stap 5

Jy sal ’n e-pos ontvang wat jou betaling en bestelling bevestig. 

Ek het klaar betaal, waar is my speletjies nou?

Besoek www.huisgenootraaisels.co.za en teken in met jou gebruikersnaam en wagwoord. Klik op “My Raaisels”. Al jou pakkette, waarvoor jy reeds betaal het, lê hier, gereed om te speel. 

Lekker speel!

Vir meer inligting en om aan te sluit

Besoek: www.huisgenootraaisels.co.za

Navrae: huisgenootblokraaie@media24.com

Ondersteun deur Netwerk24.