Ons land het bekende kunstenaars verloor, van sport- tot vermaaksterre het nuus gemaak, Donald Trump bly nie van die voorblaaie af nie en minstens een joernalis het deur vullissakke gekrap om politieke skynheiliges aan die kaak te stel.

Dis net ’n paar stories wat vandeesweek in die nuus was . . . hoeveel onthou jy bo en behalwe koerantplakkate? Voltooi ons vasvra en vind uit!

Verlede week se uitslag verskyn onder die vasvra.

VERLEDE WEEK . . .

Die maklikste vraag: Altesaam 98 persent van deelnemers het geweet die TV-persoonlikheid Hykie Berg het verloof geraak.

Die vraag wat die meeste mense laat struikel het: Net 28 persent het geweet Ethiopië was die Afrikaland waarin die mislukte staatsgreep plaasgevind het.

Die gemiddelde punt: 8,7 uit 14, of 58 persent. Komaan, dit kan beter!