Sterre sonder ’n wag voor hul mond. ’n Vernietigende vulkaan. Dramas voor die koninklike troue. Ja, dit was weer ’n besig nuusweek. Wat kan jy alles onthou?

Rol tot onder die vasvra om die hoogtepunte van verlede week se nuusvasvra-uitslag te sien.

Verlede week

Die vraag wat die meeste deelnemers korrek beantwoord het: Altesaam 97 persent van julle het geweet Bryan Habana gaan sy rugbystewels aan die einde van die seisoen ophang.

Die uitdagendste vraag: Net 33 persent het geweet dat pres. Muhammadu Buhari van Nigerië die eerste president van Afrika was om by pres. Donald Trump te gaan besoek aflê.

Die gemiddelde punt: 69 persent, oftewel 9,7 uit 14.