NUWE TOEVOEGING

Een kind maak van jou ’n ouer; twee maak van jou ’n skeidsregter. 

  • Denise, Pretoria

IDEALE STYL

“Hoe wil jy jou hare gesny hê?” vra die haar- kapper die kliënt. “In stilte,” kom die antwoord.

  • Ivan Goodman

KNYP DIE ROLLE VAS

Ná die Kersvakansie besef Ella sy het heeltemal te lekker geëet en sal beslis iets aan haar figuur moet doen. Sy sluit toe by ’n fiksheidsklub aan. Daar buig en draai sy, ruk en pluk, swoeg en sweet en spring ’n hele uur lank op en af. Maar toe sy eindelik haar leotard aanhet, is die aërobiese oefenklas al verby.

  • Louise Noeth

IN ’N KITS

Wanneer ek ’n gesinsvergadering wil hou, skakel ek net die huis se Wi-Fi af en wag dat hulle aangehardloop kom.

  • Arend, Edenpark

GROOT FOUT

Koos se vrou los vir hom ’n nota teen die yskas: “Dit werk nie meer nie. Ek kan nie meer so aangaan nie. Ek gaan by my ma bly.”

Koos kom by die huis en lees dit. Hy maak die yskas oop, die liggie gaan aan en sy bier is yskoud. “Wat op aarde bedoel sy?” wonder hy.

  • F. H. Horne, Hartenbos

VASTE VERTROUE

’n Dopperdominee van die Oos-Rand doen op ’n keer saam met ’n ouderling huisbesoek. Hulle hou by ’n huis stil waar ’n kwaai hond hulle by die hek inwag. Albei is maar skrikkerig om uit te klim.

Naderhand sê die ouderling: “Dominee, ek dink u moet maar eerste instap. U is tog ’n predikant en behoort ’n baie sterker geloof as ek te hê.” Spontaan kom dit van die dominee: “Maar weet die hond dit?”

  • Gatjieponner, Kaapstad

GROOT TROOS

Moenie bang wees die wêreld sal vandag vergaan nie; dis al môreoggend in Nieu-Seeland.

  • L. Saayman, Sabie

GOU VERGETE

Koos raak baie vergeetagtig en besluit om by Vergeetagtiges Anoniem aan te sluit. Die eerste aand moet hy hom aan die ander voorstel. Koos staan op en sê: “Goeienaand, my naam is Koos.” Toe antwoord die ander: “Goeiemiddag, Jan.”

  • J.J. Strauss, Port Elizabeth

KNAP VERKOOPSMAN

Die eiendomsagent het pas sy eerste transaksie beklink toe hy ontdek die stuk grond wat hy verkoop het, is onder water. “Die kliënt sal behoorlik die hoenders in wees,” sê hy vir sy baas.

“Moet ek sy geld teruggee?” “Geld teruggee?” brul die baas. “Watse soort verkoopsman is jy? Gaan verkoop ’n huisboot aan hom!”

  •  Louise Noeth

VURIGE RUSIE

Landdros: “Het jy en jou vrou woorde gehad?” Piet: “Ja, Edelagbare, maar ek het nie tyd gehad om myne gesê te kry nie.”

  • L. Saayman, Sabie