AB tree af. Armand Aucamp skryf ’n boek. Ons het ’n nuwe Mej. Suid-Afrika. Wat onthou jy alles van die week se nuus? Voltooi ons vasvra en vind uit! Daar is ’n leidraad in die foto-collage hierbo versteek.

 

SPESIALE BONUS! Gaan kyk hier hoe jy teenoor ander deelnemers vaar: Uitslag van 28 Mei-vasvra 

 

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

 

VERLEDE WEEK . . .

 

Die antwoord wat die meeste mense geken het: Omtrent almal – 97 persent van deelnemers – het geweet Ashwin Willemse het die SuperSport-ateljee verlaat omdat hy gevoel het sy medeaanbieders is neerbuigend teenoor hom.

Die vraag wat die meeste mense gepootjie het: Net 22 persent het geweet Thuma Mina (die naam van die president se veldtog) beteken Stuur My.

Die gemiddelde punt was darem beter as die vorige week, maar nog nie naby die 70-plus persent van die afgelope maande nie: 8,5 uit 14 of 60 persent