Nog ’n burgemeester-debakel, nog verstommende getuienis voor ondersoek-kommissies, nog bisarre optredes deur studente. Ja, dit was nog ’n normale week in Suid-Afrika . . .

Kom ons kyk hoe goed jy die afgelope sewe dae se nuus onthou.

VERLEDE WEEK

Die vrae wat die beste beantwoord is: Altesaam 96 persent van deelnemers het die aantygings oor grondonteiening as pres. Donald Trump se twiet herken, en 96 persent het ook geweet dat die Poemas die Argentynse rugbyspan is.

Die vraag wat die meeste mense laat struikel het: Net 32 persent het geweet dat NASA-ruimtevaarders vir die eerste keer tennis in die ruimte gespeel het (hoewel dit weens die gebrek aan swaartekrag maar ’n gesukkel afgegee het).

Die gemiddelde punt was 66 persent, oftewel 9,2 uit 14.