Drama op die tennisbaan. Drama in die Withuis. Drama in die Parlement. Wat kan jy alles onthou van die week wat verby is?

Daar is ’n wenk of twee die foto hierbo versteek, en verlede week se uitslag verskyn onder die vasvra.

VERLEDE WEEK . . . 

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 87 persent van deelnemers het geweet Parktown Boys’ High is in die nuus weens klagtes van seksuele aanranding.
Die vraag wat die swakste beantwoord is: Net 31 persent het geweet die nuutste navorsing wys die veiligste aantal alkoholiese drankies per dag is 0.
Die gemiddelde punt: 68 persent, oftewel 9,6 uit 14 - dis baie goed!