Daar was die ondenkbaar tragiese ongeluk in Vanderbijlpark, verdere dramatiese onthullings by die Zondo-kommissie, voortslepende Brexit-spanning, die naderende Wêreldbekerrugby en die stomme Meghan wat maar nie uit die nuus kan bly nie.

Hoe goed het jy na die afgelope week se nuusstories opgelet? Voltooi ons weeklikse vasvra en vind uit! Daar is twee wenke in die foto hierbo verskuil, en verlede week se uitslag verskyn onder die vasvra.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 92 persent van deelnemers het geweet die oorsaak van die onluste in Zimbabwe was die enorme petrolprysverhoging.

Die vraag wat die moeilikste was: Net 29 persent het geweet AgriSA se oplossing vir die vleisoorskot in Suid-Afrika is dat ons meer moet braai.

Die gemiddelde punt: 9,7 uit 14 of 69 persent. Dis uitstekend!