’n Omstrede besluit deur die IAAF. Geweld in Noordwes. ’n Nuwe koninklike baba. Hoe goed het jy die afgelope week se nuus dopgehou?

Voltooi ons vasvra en vind uit! Daar is ’n wenk of wat in die foto’s hierbo versteek.

Soos gewoonlik moet jy ondertoe rol om die hoogtepunte van die vorige vasvra-uitslag te sien.

VORIGE VASVRA

Die vraag waarmee die minste mense uitgevang is: 90 persent van deelnemers het geweet ’n SA sakeman is in Doebai in hegtenis geneem omdat hy ’n video van die voortvlugtige Ajay Gupta op sosiale media versprei het.

Die mees uitdagendste vraag: Net 41 persent van mense het onthou dat wyle Zola Skweyiya minister van staatsdiens en administrasie, en van maatskaplike ontwikkeling was.

Die gemiddelde punt: 63 persent, of 10 uit 16.