Wat het 7de Laan, die voortslepende SuperSport-drama en Bok van Blerk gemeen? Hulle is almal in vandeesweek se nuusvasvra! Kyk wat jy alles kan onthou van die week wat verby is.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se vasvrahoogte- en laagtepunte te sien.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 95 persent van deelnemers het geweet die staking by Eskom was die oorsaak van hernude beurtkrag.

Die vraag wat die meeste mense gepootjie het: Net 35 persent het geweet die gewese hoof van misdaadintelligensie, sy vrou en twee hooggeplaaste oudkollegas is van misdaad, korrupsie en geldwassery aangekla.

Die gemiddelde punt: 9,8 uit 15, oftewel 65 persent.