Groot verskoning aan alle gereelde vasvra-invullers. Weens onbeplande gebeure het die nuusvasvra nie verlede week verskyn nie en verskyn ons vandag twee dae laat.

Maar hoe op hoogte is jy desondanks van die afgelope week se nuus? Is jy soos Apollo 11 ’n katjie van die maan, of ly jy soos oudpres. Zuma voor die Zondo-kommissie aan geheueverlies?

Voltooi die vasvra en vind uit! Die vorige vasvra se uitslag verskyn onderaan die blad.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die meeste mense korrek beantwoord het: Altesaam 86 persent van deelnemers het geweet Michelle Botes gaan tydelik in Binnelanders verskyn.

Die vraag waarmee amper almal gesukkel het: Net 23 persent het geweet dat David Koloane ’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse kunstenaar was. Die meeste deelnemers het geraai hy was ’n Zondo-getuie.

Die gemiddeld: 7,7 uit 14, of 55 persent