Die afgelope week was ’n week van nuwe dinge, of dit nou in die regering was en of jou naam Derick Hougaard is. Dan was daar ook slegte nuus vir baie Suid-Afrikaanse selfooneienaars en goeie nuus vir die aktrise Erica Wessels.

Gaan jóú punte vir hierdie nuusvasvra goeie of slegte nuus wees? Kom ons kyk! Daar is ’n wenk in die foto hierbo versteek. Verlede week se uitslag verskyn onder die vasvra.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 99 persent van deelnemers het geweet een van die 10 boere in Boer Soek ’n Vrou is gay, en dat Rikus de Beer (Jonathan) se program Radio Raps heet.

Die vraag wat die meeste deelnemers laat struikel het: Net 30 persent het geweet die land waar terroriste voor ’n Katolieke kerk op Christene losgebrand het, was Burkina Faso.

Die gemiddelde punt: 10,6 uit 15 of 71 persent. Dis briljant!