Die koninklike troue. Ashwin Willemse. Henri van Breda. Dit voel of ’n hele jaar se nuus in een naweek ingeprop is . . .

Verlede week moes die vasvra omtrent moeilik gewees het, want deelnemers het bloed gesweet en gemiddeld sowat 15 persent slegter as gewoonlik gevaar. Kyk of dit vandeesweek makliker gaan.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . . 

. . . was die nuusvasvra ’n slagveld! Die gemiddelde punt was ’n skrale 55 persent, oftewel 7,7 uit 14.

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 81 persent van deelnemers het geweet dat die Noordwes-provinsie onder administrasie geplaas word.

Die vraag wat die moeilikste was: Net 24 persent het geweet dat die aanhaling van AfriForum se Ernst Roets oor die ophang van intellektuele en professore gegaan het. Die meeste mense (49 persent) het gedink dit gaan oor die ophang van plaasaanvallers en plaasmoordenaars.