Die afgelope sewe dae het Boer Soek ’n Vrou opspraak gewek, ’n skokkende ondersese ontdekking is gemaak en die stompkopkewer het onverskrokke deur Suid-Afrika voortgemarsjeer. Wat onthou jy alles van die week wat verby is?

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 87 persent van deelnemers het geweet Amerika is in ’n handelsoorlog met China gewikkel.

Die vraag wat die meeste mense laat struikel het: Net 36 persent het geweet dat 1 miljoen van die 8 miljoen spesies op Aarde in gevaar van uitsterwing is.

Die gemiddelde punt: 6,3 uit 11 of 58 persent.