Jammer dat ons ’n dag laat is, dis weens die Paasnaweek. Ons het vandeesweek vrae oor ’n rits nuusstories, van sport- en politieke sake tot, soos altyd, ’n goeie dosis ster-manewales.

Kyk wat jy alles van die afgelope week se nuus onthou – en rol soos altyd tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die meeste mense korrek beantwoord het: Altesaam 87 persent het geweet dat Cameron Bancroft nie haarjel of lipbalsem gebruik het om met die krieketbal te peuter nie, maar skuurpapier (of kleeflint, soos eers gemeen is).

Die vraag wat die minste mense korrek beantwoord het: Net 37 persent het geweet prins Harry en Megan Markle se troukoek gaan ’n suurlemoen-en-vlierbessie-geur hê.

Die gemiddelde punt: 7,3 uit 12, oftewel 61 persent.