’n Katedraalbrand het die wêreldnuus oorheers, maar soos altyd het daar in Suid-Afrika meer as genoeg ander dinge ook aangegaan. Die vraag op hierdie Goeie Vrydag is: Wat kan jy alles van die afgelope week se nuus onthou? Voltooi ons vasvra en vind uit!

Daar is ’n wenk in die foto hierbo versteek; en verlede week se uitslag verskyn onder die vasvra.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 98 persent van deelnemers het geweet Emo Adams is die nuwe aanbieder van Noot vir Noot.

Die vraag wat die meeste deelnemers laat struikel het: Net 40 persent het geweet Diaan Lawrenson betree ’n akademiese loopbaan.

Die gemiddelde punt: 9,7 uit 14 of 69 persent, wat uitmuntend is!