Vandeesweek het ons atlete triomfantelik van die Statebondspele af teruggekeer, Winnie Madikizela-Mandela is begrawe, die Guptas se straler het uiteindelik in die land aangekom en die Midde-Ooste het op ’n mespunt begin huiwer.

 

Kom ons kyk wat jy alles van die week se nuus onthou . . .

 

(Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.)

VERLEDE WEEK . . .

 

Die vrae wat die beste beantwoord is: Altesaam 96 persent van deelnemers het geweet Oscar Pistorius se laaste poging om appèl teen sy vonnis aan te teken het misluk, 95 persent het geweet die nuwe fliek oor drie vroue heet Susters, en 94 persent het geweet Bryan Habana het ’n seuntjie ryker geword.

 

Die uitdagendste vraag: Net 46 persent van deelnemers het geweet Ali Bacher was in 1970 Suid-Afrika se krieketkaptein in die destydse toets teen Australië.

 

Die gemiddelde punt: 9,9 uit 16, oftewel 62 persent.