Die skokkende moord op twee tieners, die wel en wee van die Springbokke en die komediant Roseanne Barr se rassistiese blaps: dis net ’n paar van onderwerpe wat vandeesweek ons nuusvasvra gehaal het. Wat het jy alles gelees, gehoor of gekyk . . . en wat het in jou brein vasgesteek? Voltooi die vasvra en vind uit! Daar is ’n wenk of drie in die foto hierbo versteek.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

Verlede week . . .

Die vraag wat die meeste spelers korrek beantwoord het: Altesaam 92 persent het geweet dat pres. Cyril Ramaphosa sy 100-dae-mylpaal behaal het, en dat Chelsy Davy ’n tranerige oproep na prins Harry gemaak het.

Die vraag wat die meeste mense gepootjie het: Net 42 persent het geweet dat adv. Senwantsho Godfrey Lebeya die nuwe hoof van die Valke is.

Die gemiddelde punt: 67 persent oftewel 9,4 uit 14.