Beurtkrag is terug. Kim en Donald maak geskiedenis. Meghan en koningin Elizabeth word BFF’s. Dit was ’n besige nuusweek – hoe goed het jy opgelet? Voltooi ons vasvra en vind uit!

Daar is ’n wenk in die foto hierbo versteek. Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die meeste mense korrek beantwoord het: Altesaam 92 persent van deelnemers het geweet die sangeres Corlea het gewig afgeskud deur stysel en suiker uit te skakel.

Die vraag wat die meeste mense gepootjie het: Net 24 persent het geweet dat Khoekhoegowab, die nuutste taal wat deur die Afrikaanse Taalraad bevorder gaan word, ’n ander naam vir Nama is.

Die gemiddeld: 67 persent, oftewel 9,3 uit 14.