SATERDAG

JOU DAG

Pluto beklemtoon intense verhoudings en kragdadige belewenisse.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n oorspronklike denker. Augustus en Januarie is die beste maande om by ’n aanlyn vriendskapsklub aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra of om jou huweliksbeloftes te hernieu.

SONDAG

JOU DAG

Klou vandag aan jou hoed vas en verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n baie veelsydige en aanpasbare mens. Die volgende 12 maande is die tyd om nader kontak te maak met mense in jou plaaslike gemeenskap.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Probleme ten opsigte van werk, gesondheid of ’n troeteldier is hierdie naweek baie moontlik. As jy intellek en intuïsie, die regter- en linkerbrein, kognitiewe en kreatiewe vaardighede kombineer, sal jy presies weet wat om te doen.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Georganiseerde Maagde is gewoonlik baie rasionele skepsels, maar moenie die waarde van die stemmetjie in jou binneste miskyk nie. Jou getroue intuïsie sal hierdie naweek vir jou die regte rigting aandui – as jy hom toelaat.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jou diplomatiese vaardighede sal hierdie naweek ingeroep word, aangesien jou geliefdes of werkskollegas diepsinnig en betekenisvol raak oor ernstige sake. Speel dus maar die rol van vredemaker en deel die liefde.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Ou emosionele kwessies duik op, maar buierigheid en misterie sal nie die situasie aanhelp nie. Passie en persepsie, daarteenoor, sal dit egter wel doen. Jy beskik hierdie naweek oor die mag, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Om alte reguit te wees oor kwessies – veral wat jou familie en vriende betref – kan hierdie naweek nagevolge hê. Probeer eerder om ekstra diplomaties te wees terwyl jy aan die stabilisering en verbetering van intieme verhoudings werk.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy is gretig om netwerke te vorm met werkskollegas, ’n gekoesterde droom te laat herleef of om ’n persoonlike projek te omskep. Maar jy kan intense kommunikasie en oortuigende argumente langs die pad te wagte wees.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy sal dalk jou ambisies moet verduidelik aan iemand wat bekommerd is oor jou toekomsrigting. Jy sal hom/haar oortuig indien jy jou idees met volop passie en doelgerigtheid verduidelik.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy sal vind dat Oos, Wes, Tuis Bes geld, terwyl jy jou gesin en vriende met ekstra sorg en liefde vertroetel. Gebruik ook jou kragtige intuïsie om jou te help om te verstaan hoe ’n kind, tiener of ouer werklik voel.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Moenie hierdie naweek sê presies wat jy dink nie. Die innemende Pluto waarsku jou om baie versigtiger en meer strategies te wees. Veral wanneer jy met jou familie en werkskollegas kommunikeer.

BUL, 21 APR.-21 MEI

As jy met ander kommunikeer, moet jy seker maak dat jy jou duidelik en vol selfvertroue uitdruk. Anders kan daar verwarring ontstaan, veral wat ’n buurman of gesinslid betref.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

As jy onverantwoordelik te werk gaan met kontant en krediet, sal jy lateraan die prys betaal. Daar steek baie meer in huidige geldsake as wat dit lyk. Gebruik dus jou tyd om dinge ’n tweede keer meer deurdag te bekyk.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Alle soorte oefening word begunstig, terwyl jy jou bes probeer om op konstruktiewe maniere stoom af te blaas. Wat ’n geliefde betref, moet jy onder die oppervlak kyk, ten einde agter te kom wat werklik aangaan.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.