SATERDAG

JOU DAG

Die maan en Pluto sal vandag jou emosies versterk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n brandende begeerte om sukses te behaal, maar moet jou nie uitput nie. Leer om meer buigsaam te wees en pret te hê.

SONDAG

JOU DAG

Moenie impulsief wees en dinge sê wat jy later sal berou nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou uitkyk op werk en die lewe is sakegeoriënteerd. Die komende jaar moet jy meer liefdevol en behulpsaam teenoor vriende en familie wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme sal opgewek wees aangesien Mars jou energievlakke versterk. Dit is die ideale naweek vir reis, sport of onthaal. Omring jou met positiewe en proaktiewe mense.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Openlikheid en eerlikheid lyk gunstig en jy sê presies wat jy op die hart het. Sosialisering met vriende en kollegas sal die lug suiwer en jou weer terug in jou baan plaas.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Uranus moedig jou aan om die verandering te maak wat jy graag in jou wêreld wil sien. Soos die aktrise Lily Tomlin, wat vandag verjaar, opmerk: “Ek het altyd gewonder waarom iemand niks doen nie. Toe besef ek ek is self daardie mens.”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal ander mense se buie die naweek soos ’n spons opsuig. Vermy negatiewe mense aangesien jy hul energie sal optel; dit sal jou terneergedruk maak. Fokus op positiewe mense.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n wonderlike naweek vir werk en sake aangesien die planete jou selfvertroue verhoog en op die regte tyd op die regte plek plaas. Ander mense is gewillig om te help, jy hoef net te vra.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie jouself die naweek te hard druk nie. Dit is tyd om te ontspan en saam met die stroom te gaan. Leer uit die foute van die akteur Charlie Sheen, die stout seun wat ook onder die teken van die Maagd gebore is: “Dis nie die jare nie, dis die myle.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mars, Saturnus en Pluto help jou om stewige fondamente vir die toekoms te bou. Soos Lily Tomlin, die aktrise wat vandag verjaar, sê: “Daar word gedurig aan die pad na sukses gewerk.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dié naweek draai alles om familie, vriende en bure aangesien die planete jou geselskapsone stimuleer. Wees versigtig oor die manier waarop jy kommunikeer, anders sal jy jou mond verbypraat.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die vurige Venus besoek jou netwerksone tot 9 September; jy is in ’n bui om te kuier. Maak seker dat dit wat jy wil sê wel is wat ander mense hoor. As jy twyfel, gaan dit weer na.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Saturnus en Pluto is in jou teken; jy voel gefrustreerd. Maar Mars moedig jou aan om voort te beur. Kry inspirasie van die aktrise Lily Tomlin, wat vandag verjaar: “Beskou uitdagings as struikelblokke op die pad na sukses.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Waterdraers is die ontsnapkunstenaars van die diereriem. As dinge rof raak, tree hulle na vore. Maar as jy die naweek probleme vermy, sal dit net tot groter uitdagings later lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verwag om meer avontuurlik as gewoonlik te wees as jy reis. As jy die naweek by die huis vasgekeer sit, moet jy begin om jou volgende vakansie te beplan. Kreatiewe projekte en spirituele strewes lyk gunstig.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.