SATERDAG

JOU DAG

Dit is ’n wonderlike dag om op die hoogte te kom met vriende en familie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy benader die lewe met die energie van ’n warrelwind. Die meeste mense werk nie teen jou spoed nie; sit dus tyd opsy om dinge beter te verduidelik.

SONDAG

JOU DAG

Deernis, kreatiwiteit en spiritualiteit word beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ontembare gees. 2019 is die jaar om spoed te verminder, aan die blomme te ruik en ’n bietjie pret te hê terwyl jy vorder.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy het baie planne, maar probeer om jou nie te laat koudlei nie. Hoe meer gemotiveer en proaktief jy is, hoe beter sal jou naweek wees. Hou jouself op ’n vaste en bestendige koers na die toekoms van jou keuse.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Romanse en intieme vriendskappe lyk gunstig, terwyl jy kreatiewe maniere vind om inligting met ander te deel. Maak hoop, drome en wense vir die toekoms so mooi moontlik.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Duidelike kommunikasie en geduldige volharding sal jou verhoudings verryk. Enkellopendes, liefde en werk is met mekaar verbind, terwyl jy ’n kollega, kliënt of klant in ’n romantiese nuwe lig beskou.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Sorg dat jy koudgelei – of oorreed – word om nie iemand anders se droom na te jaag nie. Kry die moed, oortuiging en vertroue om jou eie paadjie te stap en jou eie kreatiewe drome na te volg.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Wat gesamentlike geldsake betref verskil jou idees van jou maat, familie of bankbestuurder s’n. Moenie enige groot besluite neem voor almal nie op dieselfde bladsy is nie.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Romanse word beklemtoon aangesien Venus en Neptunus jou vennootskapsone stimuleer. Enkellopendes, kan jy onderskei tussen ’n sielsgenoot-kontak en ’n afspraakramp? Laat jou intuïsie jou lei.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Jou verbeelding kom aan die gang terwyl jy groot drome vir die toekoms droom. Onthou net daar is ’n fyn onderskeid tussen kreatiewe inspirasie en wensdenkery. Romanse word beklemtoon.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

As jy die naweek jou tyd neem om duidelik met familie en vriende te kommunikeer, sal jy die vrugte pluk. Geesdrif loop hoog terwyl jy ’n kreatiewe projek of ’n gesamentlike onderneming aan die gang kry.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES. 

Professionele projekte word bevoordeel terwyl jy agterstallige werk inhaal. Moenie alles glo wat ’n gesinslid jou vertel nie. Gaan eers die feite deeglik na voor jy jou mening lug.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Steenbokke is in die bui vir kommunikasie, afrigting, leer, lesings gee, lees, skryf of navorsing doen. Maar neem jou tyd om seker te maak dat die boodskap wat jy oordra dieselfde een is wat ander mense ontvang. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die klem val die naweek vierkant op geldsake. Moenie jou kop in die sand druk nie. Hoe meer kreatief en proaktief jy jou neseier vertroetel, hoe beter sal dit groei.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Kreatiewe inspirasie word beklemtoon. Maar moenie so meegevoer raak dat jy jouself mislei en afstuur op die wêreld van suiwer fantasie nie. Hou jou kop tussen die sterre en jou voete op die grond.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.