SATERDAG

JOU DAG

Die Mars/Pluto-verbinding sorg vir ’n hoogs plofbare dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is onafhanklik en stylvol. Hou in 2019 jou stresvlakke dop en probeer om jou nie van ander te distansieer nie.

SONDAG

JOU DAG

Gee vandag aan geliefdes emosionele beweegruimte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n realis met ’n fyn oog vir detail. 2019 is die jaar om meer gereeld jou skoene uit te skop en pret te hê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Moontlikheid vir Mars/Pluto-magstruwelings bestaan, veral met gesagsfigure of kollegas. Hoe meer eise jy stel, hoe moeiliker sal die naweek raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie te erg swart of wit wees wat verhoudingskwessies betref nie. Daar is tans heelwat skakerings van grys terwyl jy jou pad deur ’n gedurig veranderende omgewing onderhandel en navigeer. 

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Groepaktiwiteite lyk problematies aangesien iemand intree en probeer oorneem. Jou natuurlike reaksie is om alles te vermy. Hoe passiewer jy is, hoe stresvoller sal die naweek wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings lyk die naweek taamlik problematies aangesien iemand bevele en ultimatums uitdeel. Meer toegewings en samewerking word benodig as jy voor slaaptyd trane wil voorkom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die naweek lyk stresvol aangesien iets of iemand jou irriteer en jou beperkte geduld toets. Moet jou nie tot ’n projek verbind voor jy nie eers al die nodige navorsing gedoen het nie. 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy het die naweek baie hooi op jou vurk. En jy is geneig om ’n obsessie oor nietighede te hê. Maak seker jy neem jou tyd om te luister, veral na ’n kind, ouer, tiener of vriend met probleme.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Wat ’n probleem met ’n geliefde betref sal jy dalk ’n paar aanvegbare vrae moet stel as jy regtig agter die kap van die byl wil kom. Jy sal nie ver vorder as jy op die draad bly sit nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars verbind met Pluto, jou magsplaneet, en dit spoor jou temperamentele en beheervraatneigings aan. Hoe hardkoppiger jy is, hoe uitdagender raak die naweek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die naweeksterre stuur ’n wonderlike geleentheid na jou kant toe, maar dis nie ’n gratis rit nie. Jy moet gefokus genoeg bly om dit raak te sien en gedissiplineerd genoeg om met vrug te reageer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Om ’n wispelturige en beherende Steenbok te wees sal jou die naweek nêrens bring nie. Om jou verhoudings te verbeter sal jy jou geliefdes moet respekteer en aan hulle genoeg persoonlike ruimte gee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal die naweek maklik verveeld raak. Dit is tyd om iets anders en opwindends saam met ’n kind, beminde of vriend te doen. As jy vinnige gevolgtrekkings of ligsinnige opmerkings maak, sal jy in die pekel beland.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Pluto en die vurige Mars krap jou sones vir selfvertroue en geld deurmekaar. Moenie by ’n rusie met iemand betrokke raak oor geldsake of persoonlike waardes nie.  Probeer jou Vis-kalmte bewaar.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.