SATERDAG

JOU DAG

Vandag se sterre beklemtoon intense verhoudings en komplekse onderwerpe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie prakties en pragmaties vir ’n Vis. 2019 is die jaar om ander mense minder te kritiseer, en hulle heelwat meer lof toe te swaai. Aanmoediging is die sleutel.

SONDAG

JOU DAG

Verwag vandag ’n paar intense idees en ernstige gesprekvoering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is die tyd om deur kwessies te werk met ’n geliefde. As jy stewige familiefondamente het, kan jy enige probleem oplos en deur enige storm navigeer.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Hierdie naweek moet jy nie net op die oppervlak langs en kunsmatig met andere kommunikeer nie. Neem jou tyd om dieper te kyk om uit te vind wat werklik aan die gang is.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dit is ’n wonderlike naweek om bedrywig te wees op die Internet en die sosiale media, aangesien die sterre jou konsentrasie en menseverhoudings aanspoor. Maak dus seker dat jy munt slaan uit positiewe geleenthede wat na jou kant toe kom.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Met die planete wat jou reputasiesone aanvuur, is dit nou jou tyd om helder te skyn. Openbare gesprekke of optredes word begunstig, terwyl jy jou leierskapvaardighede of kreatiewe talente aan almal ten toon stel.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Dit is ’n goeie naweek om diep en betekenisvol met ’n spesiale geliefde in jou lewe te verkeer. En om voor te berei vir aansienlike veranderinge, aangesien ’n vriendskap of geldkwessie in ’n ernstige nuwe rigting afstuur.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy is gretig om hulp te voorsien, maar om meer te belowe as wat jy kan lewer, kan ’n probleem raak. As jy passievol en produktief bly, sal jy dinge gedoen kry sonder om ander mense teleur te stel.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Baie Maagde sal gelok word na stokperdjies, obsessies, mense en plekke toe. Wat jy ook al kies om te doen, verwag ’n besige naweek vol diep kontakte en emosioneel intense gesprekke.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Wat ’n verhouding met ’n geliefde betref, moet jy kunsmatighede vermy en heelwat dieper kyk, Weegskaal. Dit is tyd om die regte redes waarom ’n huidige situasie probleme ondervind, te ontrafel.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Hierdie naweek se sterre sorg vir super intense kontak met familie en vriende, terwyl jy betrokke raak by betekenisvolle gesprekke en diepgaande insigte uitruil. Dit is wat Skerpioene doen.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Familieverhoudings, saketransaksies en geldsake word almal hierdie naweek bevoordeel. Solank jy geduldig bly. Dit is ook ’n goeie tyd om sake met heelwat plesier te meng.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jou naweeksterre beklemtoon persoonlike projekte, gemeenskapskontakte en stimulerende gesprekke. Dit is dus die perfekte tyd vir uitgeslape Steenbokke om ’n storm los te praat, teksboodskappe te stuur en te twiet.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB. 

Ontspan, Waterdraer! Die planete aktiveer jou privaatheidsone. Jy kwalifiseer dus beslis vir bietjie stil solotyd, waar jy jou pap batterye uit jou binneste kan herlaai.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Die naweek se sterre bevoordeel vriendskappe en die internet, terwyl jy ekstra naby aan en ondersteunend voel teenoor jou portuurgroep. Vir sommige Visse kan ’n oppervlakkige verhouding baie passievol raak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.