SATERDAG

JOU DAG

Die groot trigoon- planetêre patroon tussen die son, Saturnus en Uranus sal help om ’n potensieel wankelrige situasie te stabiliseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is flambojant en leef na buite. Oor die volgende jaar moet jy daarna streef om minder afhanklik en  emosioneel meer stabiel te wees.

SONDAG

JOU DAG

Die volmaan is in die Visse. Emosies sal dus hoog loop en selfbeheersing sal skraps wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende jaar gaan een van bewustelike gewaarwording wees. Hoe meer proaktief en openhartig jy raak, hoe beter sal die resultate wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Onder die invloed van die volmaan en met Mars op die punt om vorentoe te beweeg, is dit tyd om nabetragting te doen. Weerstaan die drang om iets oorhaastig te doen. As jy twyfel, raak rustig en laat jou intuïsie jou lei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Herbesin jou voortdurende betrokkenheid by ’n vriend, groep, klub of organisasie. Moet jy dalk heelwat meer toewyding toon? Of is dit tyd om vas te byt en finaal uit te wyk?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy gaan dié naweek in die kollig wees; maak dus seker dis om die regte redes. Streef daarna om die balans te handhaaf tussen kreatief en georganiseerd wees. Moenie jou huislike lewe afskeep nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het inspirerende verwagtings en ambisies vir die toekoms. Moet jou nie verbind tot ’n groot projek tensy jy seker is jy het die tyd en energie om jou goed bedoelde beloftes gestand te doen nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Solank jy jou benadering kreatief en gedissiplineerd hou, kan geldsake goed verloop. Onderdruk die drang om te veel geld te bestee. Wat gesamentlike finansies betref, moet jy seker maak jy het al die feite.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die volmaan gee energie aan vennootskappe en gesamentlike ondernemings, maar dit kan ook verhoudings verwarrend maak. Moenie aannames maak nie. Luister na wat jou geliefdes te sê het.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die volmaan beklemtoon gesondheid, dieet en oefening, asook emosionele en geestelike welstand. Kwessies uit die verlede kan opduik en onopgeloste sake verg dringende aandag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verwag ’n kreatiewe en chaotiese volmaan-tydperk, veral wat ’n kind, tiener, beminde of vriend betref. Stel ’n doenlysie saam. En wees buigsaam om dit aan te pas terwyl die naweek ontwikkel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy gaan almal op hol jaag met jou ongeduldige, impulsiewe maniere wat deur die volmaan vererger word. Streef daarna om oortollige energie na professionele projekte en huishoudelike take te kanaliseer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die volmaan en die groot trigoon- planetêre patroon tussen die son, Saturnus en Uranus verhoog jou energievlakke, jou kreatiwiteit en vasberadenheid om dinge af te handel. Dit is tyd om jou gawes uit die hemelruim ten beste te benut.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die groot trigoon- planetêre patroon tussen die son, Saturnus en Uranus is goeie nuus. Veral wat familie en gedeelde hulpbronne betref. ’n Kreatiewe en innoverende benadering sal daartoe lei dat jy vooruitgang maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Berei jou voor op ’n tuimeltreinrit aangesien die volmaan jou teken verlig. Verwag gemoedsveranderings en emosionele drama. Kreatiewe inspirasie en spirituele insig sal ook langs die pad voorkom.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.